
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 14:19 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE - kyk bl 1656.

TERAARDEBESTELLING VAN SAARTJIE BAARTMAN

(Voorstel)

Mnr J P GELDERBLOM: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Provinsiale Regering versoek word om die nodige finansile steun te verleen aan die betrokke kultuurgroepe wat hulle vir die teraardebestelling van Saartjie Baartman in Suid-Afrika beywer.

Goedgekeur.

PENSIOENUITBETALINGS IN PIKETBERG

(Voorstel)

*Me L BROWN: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis sy kommer uitspreek dat 500 mense in Piketberg sedert sesuur vanoggend vir hul pensioene wag, en 'n beroep op die Waarnemende Minister van Maatskaplike Dienste doen om onmiddellik in te gryp en so spoedig moontlik na 'n oplossing vir die probleem met pensioenuitbetaalpunte te beweeg.

Goedgekeur.

BEKAMPING VAN MIV/VIGS

(Voorstel)

*Dr A E VAN ZYL: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis -

(1)	erkenning verleen aan die vooruitgang om MIV/Vigs te bekamp deur die vyf farmaseutiese maatskappye, in samewerking met UNAIDS, nie-regeringsorganisasies en ander rolspelers deur:

(a) 'n ooreenkoms vir goedkoper medisyne vir MIV/Vigs te bereik;

(b) te help met die skep van 'n infrastruktuur vir die verspreiding van medikasie; en

(c) MIV/Vigs-bewustheid te bevorder;

(2) sy waardering uitspreek vir hierdie volgehoue pogings deur die VN om maniere te vind om di menslike ramp van die sub-Sahara-lande te bestuur ondanks die President se ondersteuning van afwykende teorie wat tot dusver net kosbare hulpbronne, energie, tyd en ook Suid-Afrikaanse lewens verspil het.

*Die SPEAKER: Orde! Ek het vir kennisgewings van voorstelle gevra. As 'n agb lid nie spesifiek teenoor die Stoel aandui dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word nie, moet die Stoel dit as 'n kennisgewing van voorstel beskou. In die toekoms sal ek kennisgewings van voorstelle en voorstelle sonder kennisgewing op di wyse hanteer.

Stel die agb lid dr Van Zyl die voorstel sonder kennisgewing voor?

*Dr A E VAN ZYL: Ja, mnr die Speaker.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige besware? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word en daarom sal dit op die Ordelys verskyn vir moontlike bespreking op 'n later datum.

WES-KAAPSE WYSIGINGSWETSONTWERP
OP DIE WET OP PADVERVOER [W7B-2000]

(Debat oor Tweede Lesing)

*Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE: Mnr die Speaker, ek dien vandag 'n wysiging in op die Wet op Padvervoer, 1977 (Wet 74 van 1977), wat oor die potensiaal beskik om daartoe by te dra om die krisis wat sedert die eerste twee weke van April vanjaar in ons provinsie ondervind word, waardeur die Golden Arrow Busdiens en ander vervoeroperateurs gentimideer is en daarvan weerhou is om Khayelitsha en ander nabygele woonbuurte binne te gaan. Daar word dus gereken dat noodwetgewing dringend nodig is om die taxibedryf daarvan te weerhou om in die toekoms hierdie soort dade te pleeg.

Mnr die Speaker, ons het nou werklik by die kruispad gekom in soverre dit die stabiliteit van openbare vervoerfasiliteite in die Wes-Kaap betref. Met die wetswysiging moet ons die doelbewuste optrede van sekere instansies, om die voorsiening van vervoergeriewe onuitvoerbaar te maak, aanspreek. Bepaalde geteikende voorsieners van vervoer word nou belet en verhoed om hierdie diens aan werknemers, skoolgaande kinders en die gemeenskap te lewer. Hulle word die reg ontneem om betyds en veilig by hul verpligtinge of noodsaaklike geriewe te kom, soos hospitale en ander noodsaaklike dienspunte. Dit is verregaande kriminele aksies wat indruis teen die grondwetlike reg van 'n ieder en 'n elk om vrye keuse uit te oefen ten opsigte van die modus van vervoer wat hy/sy kies om na sy/haar bestemming te gaan.

Ons is deel van 'n Westerse wreld met 'n vryemarkekonomie, en elk persoon moet toegelaat word om sy eie besigheid volgens hierdie beginsel te bedryf. Indien dit dus bedreig word, moet die Regering maatrels daarstel om hierdie entrepreneurs te beskerm. Dit is ongelukkig so dat hierdie aspek deur bepaalde instansies misgekyk word. Gevolglik is dit nie net die ander voorsieners en ander modusse wat geteiken word nie, maar meer die gemeenskap waarteen hierdie kriminele aksies gerig word.

Ons gemeenskappe is moeg vir hierdie intimiderende optrede. Hulle het hulle op my en my departement vir beskerming en voorsiening van vervoerfasiliteite beroep, en ons is verplig om aan daardie hulpkreet van die gemeenskap gehoor te gee.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Busdienste wat kontraktuele ooreenkomste met die nasionale Departement van Vervoer het, is veral in die spervuur. Ons administreer hierdie kontrakte en kan nie toelaat dat die kontrakteurs nie die vermo het om hul kontrakverpligtinge na te kom nie.

Dit is vir my 'n riem onder die hart dat daar oor die bre politieke spektrum heen eensgesindheid en ondersteuning is vir die voorgestelde wetgewing wat nou op die tafel is. Dit hoort ook so, omdat ons nie moet toelaat dat politiek by die vervoer van mense negatief inmeng omdat politieke instansies hulle skaar by die oproerige aksies van rusverstoorders nie.

Ek wil dus vandag graag vir my kollegas in die opposisiebanke hartlik bedank vir hul ondersteuning in hierdie verband. Ek bedank hulle vir die positiewe gesprekke wat ek met hulle in di verband kon voer.

Mnr die Speaker, vergun my die geleentheid om te verwys na die agb lid mnr Ramatlakane en die ander agb lede van die ANC wat deel was van die staande komitee. In die eerste instansie het ek die oggend voor die staande komiteevergadering met die agb lid mnr Ramatlakane gesels en ons het oor sekere punte saamgestem. Ons het ook saamgestem dat dit moontlik mag wees dat ons wysigings aan die oorspronklike wetsontwerp aanbring.

In dieselfde asem wil ek ook my dank betuig teenoor die voorsitter van die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling, die agb lid mnr Louis, vir die wyse waarop hy die Wetsontwerp hanteer het.

Voorts wil ek my kollegas aan hierdie kant van die Huis, mnre Isaacs, Ismail en Winde, bedank vir hul positiewe bydrae en ondersteuning.

Die Konsepwet skryf baie duidelik voor watter prosedures gevolg sal word by die afkondiging van 'n gebied wat aan noodmaatrels onderworpe sal wees, en ek sal noukeurig aan hierdie prosedure voldoen. Ek moet dit egter onomwonde stel dat ek vasberade is om op te tree en sodoende vrede en stabiliteit te vestig. Met daardie doel voor o sal ek my beroep op alle wetstoepassingsinstansies om my daarin te steun. Die nasionale Minister van Vervoer het reeds sy volle ondersteuning toeges tot hierdie doel en het self onderneem om by die nasionale Minister van Verdediging aan te klop om verdere fisiese ondersteuning te verleen. Ek het vandag om 12:52 van die nasionale Minister van Vervoer 'n brief ter ondersteuning ontvang. Ek haal aan:
Dear Minister Meyer

I am writing to you in connection with the current turmoil involving clashes between taxi operators and vehicles and drivers of Golden Arrow Bus Services.

As indicated, I will fully support tough action taken by you to ensure that no one takes the law into his own hands. I do believe that whilst it is necessary for talks to be conducted to resolve problems, there must be an intervention to impose law and order. I will support you in all your efforts.

With best wishes

Yours sincerely

ABDULAH M OMAR MP
MINISTER OF TRANSPORT

In hierdie omstandighede, en met die belofte van tersaaklike ondersteuning, het ek die vrymoedigheid om die Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op die Wet op Padvervoer aan die Huis voor te l vir spoedige goedkeuring.

*Mnr M LOUIS: Mnr die Speaker, ek volg graag op die agb Minister van Vervoer en Werke. Dit is 'n voorreg om hierdie stuk wetgewing, wat as 'n dringende maatrel ingevolge Rel 147(3)(b) beskou word, na die Huis te bring. Ek wil ook graag noem dat dit nie die eerste maal is dat wetgewing as 'n dringende maatrel na die Huis gebring word nie. In 1997 het ons dieselfde soort wetgewing aanvaar deur die Wysigingswetsontwerp op die Wes-Kaapse Munisipale Ordonnansie, 1974, eenparig goed te keur. 'n Presedent vir die aanvaarding van dringende wetgewing is dus geskep.

Mnr die Speaker, is na die staande komitee gebring om aan die agb Minister van Vervoer en Werke die nodige bevoegdhede te gee om onder sekere buitengewone omstandighede op te tree. Vanwe die onrus wat ons op die oomblik in die Wes-Kaap beleef, is hierdie wetgewing relevant en beslis nie polities gemotiveer nie.

Voordat ons die Wetsontwerp hanteer, wil ek my dank uitspreek teenoor elke lid van Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling, wat baie gou moes reageer om die wetgewing af te handel. Hulle het uitmuntende werk gedoen. Ek wil 'n spesiale woord van dank aan mnr Robbie Vincent rig, wat sy hele Paasnaweek deurgebring het deur die wetgewing op te stel. Ek wil mnr Petersen, die Hoof van Vervoer, ook bedank vir wat hulle gedoen het, asook mnre Abrahamson en Osman, me Roux van die Direktoraat: Vervoer, en mnr Roux, die Registrateur van Vervoer, wat ons baie bekwaam gehelp het om die wetgewing te laat opstel.

Mnr die Speaker, ter aanvang wil ek graag die rekord regstel. Ek verskil 'n bietjie met dit wat die agb Minister van Vervoer en Werke ges het. Ons het hierdie Wetsontwerp nie in isolasie beskou nie en, nog belangriker, ek dink nie dat hierdie wetgewing slegs tot die Codeta-Golden Arrow-kwessie beperk is nie. Die Wetsontwerp strek veel wyer as dit.

Ons moet die politieke agtergrond in die Wes-Kaap ten opsigte van die taxiprobleem begryp. Dit ly geen twyfel nie dat die bedryf hom tans nie aan die Regering steur nie en, om die minste te s, dit moet heeltemal herformaliseer word. Dit is nie net vanwe die huidige kwessie dat ons hierdie wetgewing opgestel het nie. Daar is beslis 'n leierstryd onder taxigroepe in die provinsie.

Die nasionale Oorgangswetsontwerp op Padvervoer is goedgekeur en ons sien uit na die inwerkingstelling daarvan aan die einde van vandeesmaand. Dit sal sekere belangrike sake hanteer. Ten eerste is daar die ouditering van lisensies - daar sal registrasie wees en alle verenigings sal opnuut gevalueer word wanneer hulle hul nuwe lisensies bekom - en daar is ook die herkapitaliseringsproses.

Mnr die Speaker, waarom s ek dat hierdie aangeleentheid nie slegs met die Codeta vs Golden Arrow-konflik verband hou nie? As ons in gedagte hou wat oor die afgelope paar weke in die Wes-Kaap gebeur het, sal ons sien dat daar byvoorbeeld op Worcester 'n interdik uitgereik is as gevolg van geweld tussen taxi's. Vyftien kriminele klagtes is gel en daar was twee pogings tot moord. In die gebiede van Mosselbaai en Knysna was daar nie net konflik tussen taxi's nie, maar ook oor die grens tussen die Wes-Kaap en die Oos-Kaap. Op Vredenburg het Codeta probeer om die jurisdiksie oor te neem by die Vredenburgse Taxivereniging en op Grabouw het die Codeta-geaffilieerde vereniging langafstandtaxi's daarvan weerhou om kragtens hul permitte op te tree. Daarom, mnr die Speaker, glo ek werklik dat dit nie slegs 'n Codeta vs Golden Arrow-saak is nie, maar dit strek veel wyer as dit.

Die saak gaan ook nie oor wettig vs onwettig nie. Dit gaan oor geweld, intimidasie en die inbreuk op regte. In Khayelitsha dwing die taxi's byvoorbeeld die busse uit die gebied uit. Dit gaan oor 'n beginsel - hulle maak inbreuk op die passasiers se grondwetlike reg om hul vervoerwyse te kies. Soos agb lede weet, kos dit in daardie omgewing vir mense om per taxi van Khayelitsha tot in die stad te kom, ongeveer R10 per dag. Dit busgeld, aan die ander kant, vir 10 reise van Khayelitsha na Kaapstad beloop in die omgewing van R28. Ons kan sien dat die mense finansieel geraak word omdat hulle gedwing word om die taxi's te gebruik, en hul grondwetlike regte word aangetas.

Hierdie wetgewing is kernbelangrik vir die Regering om te wys dat ons in beheer is en dat ons ons regmatige gesag kan uitoefen. Hierdie soort wetgewing is in ander provinsies goedgekeur, en dit wys dat hulle reeds die koers ingeslaan het wat ons nou ingaan.

Wat die wettigheid van die wetgewing betref, ons het artikel 36 van die nasionale Grondwet, wat oor die beperking van regte gaan, ontleed. Ons glo dat die grondwetlike reg waarvan ek nou melding gemaak het, aan ons die nodige grondwetlike bevoegdhede verleen om die wetgewing wat vandag voor die Huis dien, te verdedig en grondwetlike steun daarvoor te werf.

Mnr die Speaker, die Wetsontwerp gaan oor wysigings. Dit het die staande komitee 'n lang tyd geneem om te ontleed waar ons hierdie wysiging in die Wet op Padvervoer behoort in te voeg. Ons het artikel 30(1) ontleed. Ons het artikel 38 van hierdie Wet, wat oor die bewys van seker feite gaan, ook hanteer. Ons het nie gedink dat dit daar reg was nie. Ons het na die bevoegdhede van die Minister gekyk, wat in artikel 2 hanteer word. Ons het ook nie gedink dat dit daar reg was nie. Uiteindelik het ons toegegee dat dit hanteer behoort te word deur die bevoegdheid van die Minister om in ooreenstemming met sekere regulasies op te tree, wat in bre trekke in artikel 30 hanteer word. Ons voeg dus die wysiging, wat uit klousules 30A en 30B bestaan, na artikel 30 in.

Klousule 30A verleen aan die Minister die nodige bevoegdheid om in 'n onveilige omgewing in te gryp en dit tot 'n afgebakende gebied te laat verklaar. Dit maak ook voorsiening daarvoor dat die Minister dit in die Staatskoerant en in 'n koerant wat in die afgebakende gebied versprei word, moet publiseer.

Klousule 30B gaan uitsluitlik oor regulasies, wat nogal belangrik is. Hier mag die Minister regulasies uitvaardig wat bepaal dat een of meer roetes verklaar word tot gebiede wat gesluit sal word, en die Minister mag tydelike permitte uitreik aan operateurs, behalwe aan onwettige operateurs. Die Wetsontwerp is baie streng oor hierdie saak en dit bepaal dat die Minister na verto moet luister nadat hy dit in die gepubliseer het, en die tydsbeperking daarvoor is nie korter as 24 uur nie. Dit is nogal 'n belangrike saak, naamlik dat indien verto gerig word, die Minister na daardie verto moet luister, solank dit binne 'n tydperk van nie korter nie as 24 uur geskied.

Die gebrek om te voldoen aan die bepalings en aan wat die Minister voorstel gedoen moet word, kan 'n misdryf uitmaak - en artikel 35 gaan hieroor - wat strafbaar is met 'n boete wat nie meer as R10 000 beloop nie. Dit is nogal 'n groot boete om hierdie mense op te l.

Basies, mnr die Speaker, het ons breedvoerig aandag gegee aan die kwessie van die skut van voertuie. Ons was van mening dat om voertuie te skut tot baie wetlike gevolge sou lei, want ons sou hier met die inkomste van mense te doen h. Kom ons s byvoorbeeld dat 'n voertuig nie wettig geskut word nie en dat die persoon wat dit na die skut bestuur, nie toestemming het om dit te doen nie. As dit in die skut is en die eienaar verloor vir 30 dae sy inkomste, sou daar 'n eis teen die Staat vir die verlies aan inkomste kon ontstaan. Ons was van mening dat artikel 30(1)(l) van die Wet op Padvervoer, 1977 (Wet 74 van 1977), voldoende aandag gee aan die hele kwessie van beslaglegging op motorvoertuie en dat ons nie 'n afsonderlike klousule oor die skut van voertuie moes invoeg nie, maar bloot die omskrywing van artikel 30(1) moet uitbrei. Ons gaan dit uitbrei na "enige gemagtigde beampte" en dit is hoe die wysiging deur die staande komitee aanvaar is.

Ten slotte, mnr die Speaker, wil ek graag s dat ek glo dat ons belangrikste taak as wetgewers is om beskermers van die mense te wees, en hierdie Wetsontwerp stuur daardie boodskap uit. Dit is wetgewing wat baie nodig is en absoluut kernbelangrik is om aan die Minister en die Ministerie die nodige bevoegdhede te verleen om dit te doen. Dit is nie volmaakte wetgewing nie, maar dit is afdwingbaar in die praktyk en dit is belangrik dat die Huis dit goedkeur. My party ondersteun die wetgewing heelhartig.

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, die Provinsiale Parlement word vandag versoek om die Wet op Padvervoer, 1977 (Wet 74 van 1977), te wysig as 'n maatrel om die probleme van die openbare vervoeroperateurs te hanteer.

Ons wil ons standpunt beklemtoon dat sodanige tussentydse wetgewing onnodig sou wees indien die vervoerwetgewing voortspruitend uit die Witskrif op Provinsiale Vervoer reeds daargestel was. Dit is nou bykans drie jaar, en niks kan daarvoor gewys word nie. Die nuwe vervoerwetgewing vir die Wes-Kaap is dringend noodsaaklik en het die gebrek van 'n omvattende reaksie bevestig, en die swak verskonings is heeltemal onaanvaarbaar. Vervoer in hierdie provinsie sal in 'n chaos verkeer totdat behoorlik gepaste wetgewing daargestel is.

Mnr die Speaker, dit is presies 51 dae sedert die dispuut tussen die taxi- en busoperateurs oor roetes en permitkwessies ontstaan het. Dit was 51 dae sonder 'n woord van die Provinsiale Regering.

In 'n vorige debat is die probleem teenoor die agb Minister van Vervoer en Werke opgehaal, en daar was geen regstellende optrede om hierdie probleem op te los nie. 'n Dossier oor hierdie sake is aan die agb Minister oorhandig. Ander provinsies, soos KwaZulu-Natal en Gauteng, het in 1998 vervoerwetgewing goedgekeur oor 'n verskeidenheid sake rakende operateurs van openbare vervoer, met inbegrip van die verskaffing van 'n instrument om te verseker dat die regsorde op elke persoon binne en buite die bedryf van toepassing is.

Die belangrikste is dat die voorsiening om die onwettige operateurs ingevolge die spesiale wettigingsproses te wettig, aangedui het dat die gewenste resultaat nie bereik is nie.

Die houding van die Provinsiale Regering was dat die ANC by die portefeulje ingemeng het, en dit is opgevolg deur die agb Minister toe hy ges het dat sy portefeulje uitgelos moet word - hy sou dit hanteer.

Hier het ek 'n dokument, wat voorgel is, oor hoe om hierdie sake te hanteer. Nadat sowat 50% van die taxi-operateurs deur die administrasieproses uitgeskop is, het die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning tydens die Nuwe NP-konferensie in die openbaar 'n stelling gemaak wat daarop neergekom het dat geen verdere wettiging verskaf sou word nie, maar dat al wat oorgebly het, is om al die onwettige operateurs saam te pers - ek herhaal, om hulle saam te pers - en 'n monument langs die N2 op te rig. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: die agb lid mnr Ramatlakane is besig om die Huis feitelik te mislei.

*Die SPEAKER: Orde! Dit is nie 'n punt van orde nie. Die agb lid mnr Ramatlakane mag voortgaan.

*Mnr L RAMATLAKANE: Inderdaad, 'n oplossing is nie nagestreef nie. Gedurende het die afgelope 51 dae van dispuut was daar geen woord van die Regering nie, en daar is ook nie 'n inisiatief van hulle om die situasie in die belang van almal te normaliseer nie.

Op 21 Februarie vanjaar is 'n dossier van operateurs aan die agb Minister van Vervoer en Werke oorhandig en hy het ingestem om die probleme uit te stryk. Is dit gedoen? Enige agb lid kan raai. Natuurlik is die antwoord nee. As die Regering o gehad het om te sien en ore om te hoor, sou hierdie probleem oorkom kon word.

Per slot van rekening, mnr die Speaker, gee die probleme wat ons ondervind hoegenaamd nie aan enigiemand die reg om intimidasie te gebruik of om geweld en terreur toe te laat om in die provinsie hoogty te vier nie. Die probleme gee nie aan ons mense die reg om die teiken van intimidasie te word nie. Nee, dit kan nie reg wees nie. Geen oplossing kan deur middel van die pad van konflik gevind word nie. Die ANC bly vas oortuig daarvan dat die pad van onderhandeling die enigste pad is om 'n blywende oplossing vir probleme van hierdie aard te ondervind.

Die wysiging aan padvervoerwetgewing wat vir sekere maatrels voorsiening maak, is elders aangebring, in KwaZulu-Natal en Gauteng, soos ek aangedui het, en ons staan nie hier die proses van wysiging aan die wetgewing teen nie. Ons stel egter 'n wysiging voor aan die Wetsontwerp wat onder oorweging is om voorsiening te maak vir oorlegplegingsforums ingevolge artikel 30B(2), omdat ons verstaan dat samesprekings tussen die belanghebbendes oor probleme van hierdie aard nodig is vir 'n sinvolle oplossing.

Mnr die Speaker, terwyl ons die buitengewone maatrels ondersteun - ons het in die verlede gevra vir buitengewone maatrels - wil ons s dat dit nie 'n blywende oplossing kan wees om taxistaanplekke te sluit nie. Dit sou naef wees om die sluiting van staanplekke as 'n doel op sigself te beskou. Ek wil herhaal: die ANC se standpunt is dat ons sluiting van staanplekke as 'n tussentydse maatrel ondersteun. Ons moet dit slegs as 'n tussentydse maatrel beskou, wat die betrokke partye sal toelaat om te onderhandel en blywende oplossings vir hierdie probleme te kry.

Ons verwys hier, mnr die Speaker, na die probleme wat in 'n dokument opgehaal is wat deur die ANC opgestel is, wat ook aan die agb Minister gestuur is, en wat die probleme ontleed en s watter oplossings gebruik behoort te word. Die oplossings sluit permitte en die bedryf van die Plaaslike Padvervoerraad in. Ons het die oplossingsdokument voorgel en die agb Minister het aangedui dat hy nie 'n probleem met die strekking daarvan het nie. Die taxi-operateurs en die Golden Arrow Busdienste het aangedui dat die dokument baie doen om aandag te gee aan die probleme wat hulle in hul bedrywe ondervind.

Wat is die oplossings? Oor permitte s ons dat besware teen permitaansoeke deur private maatskappye of individue onmiddellik gestaak moet word. Die beslissing oor permitte moet gerig word deur ekonomiese lewensvatbaarheid en deur die openbare vervoerplanne van plaaslike regering. Administratief behoort die departement die iSLP-program onder die Wees Wettig-veldtog te hersien.

Oor die Plaaslike Padvervoerraad vra ons vir onverwylde transformasie, in teenstelling met die program van die agb Minister, ingevolge waarvan hy eers weer in Julie 2000 op hierdie saak sal ingaan.

Die ANC is gereed om alle partye terug te roep na die tafel om te onderhandel en aanvaar die dokument as 'n volhoubare manier om aandag te gee aan openbare vervoerprobleme. Ons glo dat die Openbare Vervoer Oorlegplegende Forum onverwyld gereguleer moet word sodat gentegreerde openbare vervoer met 'n voederstelsel en tariefstruktuur dringende aandag van sleutelrolspelers kan ontvang - die pendelaars, operateurs en Regering.

Die ANC doen 'n verdere beroep op alle vredeliewende mense in hierdie provinsie om te alle tye kalm te bly en doen ook 'n beroep op taxi-operateurs om 'n onderhandelde skikking na te streef terwyl daar nog tyd is om dit te doen. Ons moet aanhou om na oplossings te soek en die wet slegs as 'n laaste uitweg gebruik. Die ANC ondersteun dus die Wetsontwerp.

*Mnr A R WINDE: Mnr die Speaker, die mense van die Kaapse Vlakte, en in die besonder van Khayelitsha, word onderwerp aan ernstige vertrappings van hul menseregte. Daar is baie mense wat nie in staat is om brood op hul tafels te plaas nie, vanwe die onaanvaarbare toedrag van sake wat tussen die Codeta- en Cata-taxifaksies aan die een kant, en die Golden Arrow Busdienste aan die ander kant, ontstaan het.

Hierdie gemeenskappe is arm genoeg sonder die boewetaktiek wat deur die taxiverenigings openbaar word, wat pendelaars daarvan weerhou om die vervoerdiens te kry wat hulle verkies, nodig het en verdien. Hierdie wilde, intimiderende afknouers moet gekeer word. Die daaglikse lyding en ongebreidelde armoede wat in hierdie gemeenskappe hoogty vier, het nie nog die blatante minagting vir die wet wat deur die taxibedryf openbaar word, nodig nie.

Daar moet aan die mense wat deur ons as lede van hierdie Parlement verteenwoordig word, gewys word dat ons in beheer van hierdie provinsie is en dat hierdie soort optrede nie geduld sal word nie. Dit is onskuldige burgers van hierdie provinsie wat ly. Hulle roep om hulp en ons moet ons plig doen en hulle in hul tyd van nood bystaan.

Daar is baie inwoners van Khayelitsha wat vrees dat hulle hul werk sal verloor as 'n direkte gevolg van hierdie onrus. Daar is ook skoolkinders wat agter is met hul skoolwerk omdat hulle vanwe hierdie onaanvaarbare toedrag van sake nie skool kon bywoon nie, of laat was. Kan ons verdere werkverliese bekostig? Kan ons bekostig om ons kinders onderrig te onts?

Wat van die bejaardes in hierdie gebied wat sonder uitsondering gebruik maak van die openbare vervoer om hulle by hospitale en klinieke te kry, hul pensioene te gaan haal en hul huishoudelike inkopies te doen? Dit is die mense wat gedwing word om die ent pad te loop tot by die busse wat aan die buitewyke van die dorp wag. Dit is 'n volslae skande en oneer!

Is dit billik teenoor die nuutgestigte sakeondernemings in die toeristebedryf wat, vanwe die taxigeweld, nie kan sake doen nie? Die Toerismeraad in die provinsie het belastingbetalersgeld bestee wat deur hierdie Parlement aan hulle gegee is om toerisme te bevorder. Dit het hulle gedoen deur party van hierdie opkomende ondernemers uit Khayelitsha verlede week na 'n Indaba in Durban te neem. Daar het hulle maatskappye en reisagentskappe ontmoet en kon hulle hul ondernemings bemark. Nou kan toeriste Khayelitsha nie binnegaan en hul geld daar bestee nie. Die township toeroperateurs het hul toeriste elders geneem, en sal Khayelitsha miskien nooit weer op hul reisplanne plaas nie. Watter boodskap sal hierdie toeriste terugneem na London, Duitsland, Europa en die wreld?

Die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling is slegs gister meegedeel dat dit onveilig is om per bus na Khayelitsha te gaan. Kan ons toelaat dat ons self deur hierdie boewe as gyselaars aangehou word? Ek dink nie so nie! Streng stappe moet gedoen word. Die praatjies is verby.

Wat het geword van ubuntu, gemeenskap en broederskap? Wetteloosheid en die gebrek aan respek vir die regsorde word tot die uiterste gevoer deur hierdie gewetenlose elemente - dit alles tot nadeel van die brer publiek. [Tussenwerpsels.]

Ek moet egter net daarop wys dat ons wel toegee dat die taxibedryf inderdaad 'n belangrike rol het om in die openbare vervoerstelsel en die ekonomie as geheel te vervul. Hul benadering tot die regstelling van die stelsel moet egter hersien word.

Mnr die Speaker, met hierdie wysiging aan die wetgewing, as dit eers deur hierdie Parlement goedgekeur is, sal die agb Minister oor die bevoegdheid beskik om op te tree wanneer boewery sy lelike kop uitsteek. Ek wil aan die agb Minister s dat ek en die DP hierdie Wetsontwerp ondersteun en vertrou dat hierdie wysiging van die wetgewing die oplossing sal wees, wat aan hom as die Minister verantwoordelik vir Vervoer in hierdie Provinsie die bevoegdheid sal verleen om die taxiteenwoordigheid in probleemgebiede te beheer en die regte en waardigheid, waarvoor ons almal gestry het, van die mense van Khayelitsha te herstel - hul reg op veilige, betroubare en bekostigbare vervoer.

*Me N C PHENDUKA: Mnr die Speaker, ek dra my toespraak op aan wyle mnr Patrick Luvo Ganuganu, 'n busbestuurder wat verlede maand in die taxigeweld, op 16 April, gesterf het, asook mnr Majola, die taxibestuurder wat op 11 Mei 2000 in die kruisvuur raakgeskiet is en gesterf het.

Mnr die Speaker, ons ondersteun die Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op die Wet op Padvervoer, maar my kommer is dat ons te lank gewag het om aandag te gee aan hierdie situasie en dat ons krisisgerig is. Dit sou beter gewees het as ons die Wetsontwerp voor die krisis gehad het.

Ek wil die feit onder die aandag van die Huis bring dat die mense van Khayelitsha, Guguletu en Nyanga nou bykans 'n maand daaraan bestee het om heeltemal op hul eie te sukkel om die openbare vervoerkrisis te oorkom, sonder die betrokkenheid van die Provinsiale Regering. Mense moet lang afstande afl - die siekes, bejaardes, gestremdes en kinders. Dit is al vir 'n lang tyd 'n nagmerrie.

Ek waardeer die werk wat deur al die partye gedoen is, wat probeer het om stabiliteit en 'n oplossing vir die krisis teweeg te bring, veral die ANC, wat slapelose nagte deurgebring het deur met idees na vore te kom wat 'n oplossing vir hierdie probleem sou kon wees, hoewel hulle geweet het dat hulle nie oor die bevoegdheid beskik om enige besluit in werking te stel nie. Ek doen 'n beroep op die agb Minister van Vervoer en Werke om daardie voorstelle en idees te neem en dit deel van die oplossing te maak.

Mnr die Speaker, ek was teleurgesteld dat die Regering so stil was terwyl mense besig was om te sterf. Nie 'n enkele persoon van die Regering het die gesin van mnr Ganuganu besoek of selfs 'n boodskap van ondersteuning gestuur nie.

Kom ek herinner hierdie Huis daaraan dat die agb Minister 'n paar dae gelede gevra is om hierdie gebou te verlaat om 'n memorandum van die taxibestuurders te ontvang. Hy kon nie. Hy het vir sy lewe gevrees. Uiteindelik, toe hy seker was dat daar genoeg sekuriteit rondom hom was, het hy wel na buite gegaan. Ek wil aan die agb Minister s dat die gemeenskap van Khayelitsha op 11 Mei 2000 'n optog gehou het en probeer het om hierdie probleem onder sy aandag te bring en by hom om hulp te pleit. Hy het egter niks daaromtrent gedoen nie. Daar was geen woord van hoop aan sy kant in antwoord op hul noodkreet nie. Ek vra myself af hoe hy die lewe beskou. As hy soveel sekuriteit vir net een minuut nodig het, wat van diegene wat elke dag aan trauma en 'n gewelddadige situasie blootgestel word?
Mnr die Speaker, ek doen 'n beroep op die agb Ministers van Vervoer en Werke en van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning om die waarde van die lewens van al die burgers van die provinsie te erken.

Laastens doen ek 'n beroep op die taxibedryf om terug te keer na die onderhandelings en hul probleme op 'n aanvaarbare wyse op te los. Geweld is nie 'n oplossing nie. Die Regering moet hulle ook ernstig opneem en na hul griewe luister. Die sluit van taxistaanplekke is nie 'n oplossing nie. Dit is 'n tussentydse maatrel. Die Regering moet daarom ten volle verantwoordelik wees en hom daartoe verbind om die probleme in openbare vervoer in hierdie provinsie op te los.

Mnr A ISMAIL: Mnr die Speaker, soos die vorige sprekers stem die Nuwe NP saam dat die Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op die Wet op Padvervoer verwelkom word.

Die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling het sekere tegniese amendemente aangebring om die Minister se hand te versterk met die toepassing van die nuwe wetgewing, wat ons klaarblyklik almal vandag gaan aanvaar, want die ander partye stem daaroor saam. Dit is 'n noodmaatrel wat 'n groot tekortkoming in die Wet op Padvervoer van 1977 regstel. Die Provinsie het immers al die magte gebruik wat di Wet aan ons toeken.

Mnr die Speaker, daar is 'n paar aspekte wat ek moet aanspreek in die lig daarvan dat die Wes-Kaap die tweede grootste stedelike bevolking in Suid-Afrika het, met die ongeveer 87% van die totale bevolking van die provinsie wat in stedelike gebiede woon. As ons daaraan dink en besef dat die implikasies van behoorlike wetgewing ten opsigte van openbare vervoer heeltemal by ons berus, moet ons toesien dat hierdie wetgewing reg toegepas word. Wanneer ons aan die regte toepassing van die wetgewing dink, moet ons ook aan die befondsing daarvan dink. 

Dit is verblydend om te hoor dat die nasionale Minister van Vervoer die agb Minister van Vervoer en Werke in 'n brief ondersteun met betrekking tot die Wysigingswetsontwerp. Ons moet egter terselfdertyd vra of hy ons nie van die addisionele fondse sal voorsien nie. Die implikasies van die Wysigingswetsontwerp is dat ons alternatiewe vervoer beskikbaar moet stel in die verklaarde gebiede waar sekere minibus-taxi's nie meer kan opereer nie, en dat die alternatiewe vervoer die nodige beskerming sal kry. Aangesien dit 'n noodmaatrel is, neem ek aan dat ons ook in sekere opsigte ekstra beskerming aan die polisie en verkeersbeamptes in daardie gebiede moet verleen.

Die Wysigingswetsontwerp bepaal dat waar 'n situasie van geweld, onrus of konflik ontstaan, die Minister 'n gebied as 'n "verklaarde gebied" verklaar by wyse van 'n kennisgewing in die Provinsiale Koerant, asook in koerante wat in die betrokke areas beskikbaar is. Sodoende kan die publiek kennis neem van die voorneme van die Minister en sy departement om onrusgebiede te verklaar waar onrus deur minibus-taxi's of ander vervoerinstansies veroorsaak word. 

Dit is belangrik dat ons te alle tye die publiek, veral die oorgrote meerderheid wat gebruik maak van publieke vervoer, ten volle beskerm en hulle daarop attent maak dat ons deur hierdie soort wetgewing te alle tye vir hulle voorspraak sal doen en ter beskerming van hulle sal optree.

Mnr die Speaker, die Nuwe NP ondersteun die Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op die Wet op Padvervoer.

*Mnr H A LEWIS: Mnr die Speaker, 'n dooiepunt in onderhandelinge oor die voortgesette vreedsame bestaan van sowel die buspendeldiens aan die een kant, as die taxibedryf aan die ander kant, in Khayelitsha is 'n baie ernstige en potensieel gevaarlike saak, en na my mening is die kwessies die volgende: ten eerste, vryeonderneming teenoor mededinging in hierdie mark; ten tweede, die demokratiese reg tot vryheid van keuse van 'n gemeenskap, en ons as ...

*Mnr Y GABRU: Mnr die Speaker, ek wonder word die agb lid 'n vraag sal neem.

*Mnr H A LEWIS: Nee, meneer. [Tussenwerpsels.] Ons kan dit later in die kantoor bespreek. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, die derde kwessie is die handhawing van die regsorde, wat die nakoming van 'n bestaande wettige kontrak met die Golden Arrow Busdienste insluit en, ten vierde, en die belangrikste, is daar die veiligheid van die gemeenskap. Hierdie saak dui veral op die noodsaaklikheid en belangrikheid van voortgesette onderhandelinge om hierdie aangeleentheid te probeer oplos.

Meneer, die hele aangeleentheid onderstreep die belangrikheid van 'n wettige raamwerk waarbinne die taxibedryf moet opereer. Hoe gouer dit gebeur, hoe gouer sal dit die bestuur van die taxibedryf in die provinsies, en nie net die Wes-Kaap nie, baie vergemaklik.

*Mnr die Speaker, die UDM ondersteun die inhoud van die Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op die Wet op Padvervoer. Die UDM moet egter ook waarsku dat die agb Minister van Vervoer en Werke verantwoordelik en baie sensitief moet optree by die moontlike ... [Tussenwerpsels.] ... inwerkingstelling van die Wetsontwerp. Die sluiting van taxistaanplekke sal vanselfsprekend die spanning verhoog in die probleemgebiede wat reeds verdeeldheid gebring het in die gemeenskappe, waarvan een deel die taxibedryf ondersteun en die ander die Golden Arrow Busdienste. [Tussenwerpsels.]

Ons pleit dat die agb Minister liewer die wysigingswet sal gebruik as 'n onderhandelingsmeganisme ten einde te probeer om die taxigeweld hok te slaan, eerder as om dit kragdadig te implementeer en voorkom dat onskuldige mense moontlik in die proses seerkry.

*Mnr die Speaker, onderhandelinge moet te alle tye voortgesit word, want die onvermo om hierdie saak op te los, sou 'n oorlog in gemeenskappe kon laat ontstaan, waaroor nie een van ons enige beheer sal h nie.

Ek glo 'n mens is nooit te oud om te leer nie. Na my mening sou die hele aangeleentheid rakende die taxigeweld wat uitbreek, moontlik op 'n ander manier, of selfs beter hanteer gewees het as daar proaktiewe optrede van die kant van die Provinsiale Regering gekom het. Ons kan nie wag totdat 'n krisis ontstaan nie; ons moet proaktief probeer verhoed dat situasies soos di ontstaan.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, dit is baie interessant dat die UDM in sy inset vandag hier nie die feit geopper het nie dat sy nasionale leier, Bantu Holomisa, in 'n desperate poging om die bietjie ondersteuning wat hul organisasie nog geniet bymekaar te hou, hom duidelik geposisioneer het om 'n politieke party vir sekere taxi-organisasies te word. Hulle wil blykbaar die politieke party daar wees. [Tussenwerpsels.] Ek dink die UDM is aan hierdie Huis 'n verduideliking verskuldig ten opsigte van die rol van hul lede in 'n optog waar sekere mense, as deel van daardie optog, oorgegaan het tot gewelddadige botsings met die polisie, wat uiteindelik gelei het tot die dood van en beserings aan verskeie mense, veral in Khayelitsha.

Mnr die Speaker, dit is nie meer vir die ANC 'n verrassing dat die DP weer eens demonstreer het wat slegs as 'n skynheilige houding beskryf kan word nie. Ons het dit in Zimbabwe gesien. Ons het dit nou in die taxikonflik gesien. [Tussenwerpsels.] Hulle konsentreer nie op die oplossing vir die grondliggende krisis nie. In Zimbabwe praat ons oor die oplossing van 'n grondprobleem, maar daar kom geen woord van die DP daaromtrent nie. In hierdie geval praat ons oor die transformasie van die taxibedryf, maar dit ontgaan eenvoudig die DP.

Hoewel die ANC hierdie wetgewing verwelkom, asook die maatrels wat ons sal toelaat om die situasie baie streng te hanteer, is dit duidelik dat hierdie Provinsie 'n groot deel van die blaam moet aanvaar vir waarom ons in hierdie stadium hierdie krisis in die Metropool in die gesig staar. Hierdie Provinsie probeer homself voorhou as die beste en steeds besig om te verbeter, maar die hantering van hierdie saak onthul wat mense op grondvlak inderdaad s, naamlik dat die koalisie vir die minderheid regeer en nie omgee vir die armes nie, veral nie die armes in die bruin en Afrikaan gemeenskappe nie. Slegs verlede week, tydens 'n betoog in die Konstitusionele Hof, het senior regsverteenwoordigers aangevoer dat die Provinsiale Regering en die Kaapse Metropolitaanse Raad onsensitief is en nie omgee wanneer dit kom by die situasie van mense wat in informele nedersettings woon nie. Wat mense baie duidelik begin s, is dat hierdie Regering dalk vir die minderheid die beste kan wees, maar dat hy in vele opsigte 'n vyand van die meerderheid en van die armes is.

Die 51 dae wat verbygegaan het sedert die uitbreek van hierdie krisis, is 51 dae van skande en verwaarlosing deur die Provinsiale Regering. Die vrae wat beantwoord moet word, is die volgende: daar word voortdurend deur leiers van die koalisie na KwaZulu-Natal en Gauteng verwys as provinsies wat nie hul sake agtermekaar het nie, en wat nie kan regeer nie. Waarom het hierdie provinsies dan daarin geslaag om, sover terug as in 1998, die nodige wetgewing in te dien en die probleme op te los, dit terwyl die Wes-Kaapse Regering in 1998 geblyk het meer besorg te wees oor die opstel van 'n provinsiale Grondwet en om die ANC uit die Provinsiale Regering te skop, en sodoende 'n Minister te verwyder wat besig was om hierdie proses doeltreffend te hanteer? Dit het gelyk asof hulle meer belang gestel het in daardie Grondwet.

Die tweede vraag is: waarom het die Plaaslike Padvervoerraad ten opsigte van sy samestelling en sy funksionering wesenlik ongetransformeer gebly? Die Provinsie moet daardie vraag beantwoord, want hulle word vandag daarvan beskuldig dat hulle nie die situasie in 'n genoegsaam tydige stadium hanteer het nie.

Ten derde, mnr die Speaker, waarom het hierdie Provinsie in gebreke gebly om 'n ferm houvas te verkry op die wetgewende proses, wat die kwessie is wat aan die kern van die huidige probleem l?

Mnr die Speaker, dit onthul ook 'n dieper liggende probleem. Baie van ons het oor hierdie afgelope 51 dae gewonder wie inderdaad in beheer van die vervoerportefeulje was. Dit is jammer dat die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning nie hier is nie. Ons ken hom as iemand wat, in plaas van om inderdaad na oplossings te soek, soos die agb Minister van Vervoer en Werke maak, elke geleentheid soek om ten eerste konflik met die nasionale Regering te skep en, ten tweede, meer verwarring op grondvlak te skep. Byvoorbeeld, in sy verklaring waarin hierdie krisis hanteer is, wat uitgereik is in die afwesigheid van die agb Minister van Vervoer en Werke, het die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning dit goed geag om die herkapitaliseringskwessie by te sleep. Hy het ges, en ek haal aan:

The recapitalisation process is a national process that continues to sow confusion in all taxi ranks.

Wat ons hier het, is die valk van die Nuwe NP wat deur sy verklarings en optrede wesenlik inbreuk maak op die vermo van die duif, die agb Minister van Vervoer en Werke, om hierdie aangeleentheid saam met die agb lid mnr Ramatlakane te hanteer op 'n wyse waarop ons almal weet dit hanteer behoort te word.

In daardie verband wil ek UDM prys omdat hulle, saam met die ANC, aan die hand gedoen het dat die wyse waarop ons hierdie saak kan hanteer, is om 'n duidelike tydskaal te stel en die onderhandelde proses te hanteer terwyl ons van die streng maatrels gebruik maak.

Wat ons egter ongelukkig in die Nuwe NP sien, is sekere lede wat heeltemal uit voeling is met die werklikhede in die townships, en wat inderdaad nie besef dat die onvermo om in hierdie saak op te tree, eintlik daartoe gelei het dat die mense in Khayelitsha self die taxistaanplekke sluit nie. Dit is 'n skande dat ons eers vandag vergader om wetgewing daar te stel wat 'n lang ruk gelede daar moes gewees het. [Tussenwerpsels.]

Die ANC moet beklemtoon dat indien die agb lid mnr Ramatlakane verwyder is ... [Tussenwerpsels.] ... deur die DP se proses om die provinsiale Grondwet te skryf ...

Die MINISTER VAN ONDERWYS: [Onhoorbaar.]

Mnr C M DUGMORE: Die agb Minister van Onderwys moet daaraan dink of sy trots is op 'n party wat die Regering van Provinsiale Eenheid in hierdie Provinsie beindig het, wat aandag kon gee aan die grondliggende kwessies omdat die lede van daardie Regering inderdaad uit daardie gemeenskappe afkomstig was.

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Wat het Ramatlakane omtrent die taxi-oorlo gedoen?

*Mnr C M DUGMORE: Deur ambisie en die begeerte om haarself as 'n bekwame Minister voor te hou, was sy inderdaad deel van die daarstelling van 'n regeringstelsel in hierdie Provinsie wat inderdaad nie in die belang van die meerderheid regeer nie, en sy dra, saam met die DP, die verantwoordelikheid daarvoor. Dit is waarvan sy deel was. [Tussenwerpsels.]

Wat ons s, is dat ons streng maatrels nodig het. Ons ondersteun hierdie wetgewing. Ons wil egter h dat die agb Minister van Vervoer en Werke hierdie Huis moet meedeel hoe ons in die komende 30 dae 'n forum sal skep om oor hierdie kwessie te onderhandel, om die kwessie van permitte op te los en die aangeleentheid te hanteer sodat pendelaars uiteindelik nie swaarkry nie en aandag gegee word aan die transformasie van die vervoerbedryf en die grondliggende vraagstukke opgelos word sodat ons regoor ons provinsie stabiliteit kan bou.

Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, dit is jammer dat die agb lid mnr Dugmore s dat die Grondwet daarvoor voorsiening gemaak het om van die agb lid mnr Ramatlakane ontslae te raak. Dit is nie waar nie. Hy was die oorsaak daarvan. Hy het hulle uitgehou. Hy was die woordvoerder. Die agb lid het 'n gemors daarvan gemaak. Hulle kon nog steeds daar gewees het. Hy moet 'n bietjie teruggaan.

*Mnr C M DUGMORE: U het vir die Grondwet gestem.

*Mnr N M ISAACS: Nee, nee, die agb lid moet die stemmery buite rekening laat. Hy moet onthou wat hy gedoen het en die gemors wat hy gemaak het. Uiteindelik vra hy: "Wat het ek nou gemaak? Waarom blameer almal my?" Hy het nie eens geweet wat hy gedoen het nie.

Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Waar is Hernus nou?

Mnr C M DUGMORE: Waar is Hernus? Hy kan antwoord.

Mnr N M ISAACS: Los nou vir Hernus. Die agb lid mnr Dugmore is nog hier. Dit is in Hansard. Die agb lid mnr Dugmore is hier. Hy is die rede waarom die agb Leier van die Opposisie en die agb lid mnr Ramatlakane nie langer in die Kabinet dien nie. Hy was die wetsgeleerde destyds. Laat ek egter voortgaan.

*Mnr die Speaker, daar is vandag 'n vraag voor die Huis en ek dink ek kan dit sonder vrees van tespraak stel: is dit regverdigbaar dat 'n wetsontwerp van hierdie aard vandag hier oorweeg word? Nooit voorheen in die geskiedenis van die Wes-Kaap was dit nodig om aan die Minister sodanige bevoegdhede te verleen dat dit as drakonies beskou kan word nie - soos dit deur die ander kant van die Huis gestel is. Mense was van mening dat die wetgewing 'n bietjie te streng is.

Kom ons kyk na die agtergrond daarvan. Ons het gesien dat hulle nie bereid is om aandag te gee aan die ware vraagstuk nie. Die ware vraagstuk is dat ons moet probeer om Golden Arrow te laat ophou om beswaar te maak teen mense wat om permitte aansoek doen. Dit staan egter in die Wet. Die Wet bepaal dat 'n mens die reg het om beswaar te maak en hier vra ons dat dit nie moet gebeur nie. Is dit nie deel van die demokratiese proses dat 'n mens die reg tot beswaar moet h nie? Ek sal dit kortliks bespreek.

Die sosio-ekonomiese situasie het sodanig verswak dat elkeen wil h wat hom of haar toekom, wat uiteindelik lei tot wetteloosheid, in die mate dat die hele gemeenskap ontwrig word. Dit hou niks goeds in vir ordelikheid as mense die lewens van ander mense in gevaar stel nie, en dit is nie aanvaarbaar nie. Die minderheid kan nie aan ander voorskryf en s waarom hulle nie aansoek behoort te doen om sake in die omgewing nie, of waarom Golden Arrow daar moet uitbly nie. Ons leef in 'n demokratiese gemeenskap, en ons moet die regte van andere respekteer.

Ons het hier 'n vreemde opsie. Die oomblik wanneer dit by die regte kom van ander mense van wie ons nie hou nie, staan ons hulle onmiddellik teen. Hoe werk hul demokrasie dan nou? Een oomblik pas hulle dit toe, die volgende oomblik pas demokrasie hulle nie. Dit werk nie so nie. Wat is verkeerd met hulle?

Die minibus-operateurs in Guguletu en Khayelitsha het nie die reg om blokkades op te rig om Golden Arrow hul bedryfsreg te ontneem nie. Hierdie optrede, vertrou ek, sal deur almal veroordeel word. Elke politieke oortuiging in die Huis sal saamstem dat dit verkeerd is om enigiemand anders die reg te onts om aansoek te doen vir sake in di gebied.

Ons is almal bewus van die gevaar wat dit vir passasiers en ander gebruikers inhou. Kom ons kyk na die toedrag van sake. Golden Arrow vervoer ongeveer 160 000 passasiers per weekdag, waarvan slegs een derde tans deur die taxigeweld geraak word.

*Mnr M OZINSKY: Slegs 'n derde?

*Mnr N M ISAACS: Slegs 'n derde. Kyk na die syfers.

Kom ons gaan 'n bietjie verder. As 'n mens die 102 permithouers in Guguletu met die 561 permithouers in Khayelitsha vergelyk, moet die vraag gevra word: kan die minibus-operateurs die behoeftes van al die pendelaars, al die mense wat vervoer nodig het, bevredig? Hulle kan nie. [Tussenwerpsels.]

Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: [Onhoorbaar.]

Mnr N M ISAACS: Presies. Ek bedank die agb Leier van die Opposisie; uiteindelik voer gesonde verstand die botoon. [Gelag.] As hulle met my saamstem, is dit duidelik dat hulle nie kan s dat Golden Arrow nie toegelaat moet word om daarheen te gaan nie.

Wat so snaaks is daaraan, is die volgende. As die agb Leier van die Opposisie vanoggend op die N2 was, sou hy gesien het hoe mense in hul honderde gekom het om die busse te haal wat daar staan. Hulle loop in die donker om die bus te haal. Waar is die agb Leier van die Opposisie nou? Foeitog, hy het die Huis verlaat.

Aan die anderkant word daar geagiteer dat die busse nie daar mag inkom nie. Vanoggend het die mense egter gekom om die busse om 05:00 en 06:00 te haal, ongeag die gevaar. Hulle het daar gestaan en vir die busse gewag, ongeag van die afstande wat hulle moes loop. Waarom is dit die geval? Dit is omdat die taxi's nie die massa mense kan hanteer nie. Die agb Minister het 'n verantwoordelikheid teenoor die pendelaars in die townships.

Mnr die Speaker, die ANC skop 'n bohaai op oor wat oor die afgelope 51 dae gebeur het. Uit wat ek van die agb lid mnr Dugmore gehoor het, is dit duidelik dat hy nie die Wet deurgelees het nie. As hy die Wet deurgelees het, sou hy gesien het dat daar voldoende maniere en metodes is om die situasie te hanteer. Slegs in hierdie geval is daar aan die agb Minister spesiale of buitengewone bevoegdhede, soos hy ges het, verleen. Ons het dit nooit voorheen gehad nie.

Daar is iets anders daaragter, iets waarop ons nie die vinger kan l nie. Die een oomblik as dit die onwettiges teenoor die wettiges. Dit is nie meer die onwettiges teenoor die wettiges of omgekeerd nie, dit is nou die geval dat almal teen Golden Arrow baklei. Is dit waar?

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Ja.

*Mnr N M ISAACS: Ek bedank weer eens die agb Leier van die Opposisie. Hy het ges dat indien dit ooit gebeur, 'n einde daaraan gemaak moet word. Ek bedank hom. Ten minste gee die leier hier leiding.

*Mnr M L FRANSMAN: Omdat u leier dit nie kan doen nie.

Mnr N M ISAACS: Ek kom nou by daardie agb lid. Antie Bokkie wag vir hom.

*Mnr die Speaker, die Wetsontwerp maak voorsiening daarvoor dat wanneer 'n situasie van geweld, onrus, konflik of onstabiliteit ontstaan, sodanige gebied as gesluit vir operateurs verklaar mag word. Iemand hier het ges dat die staanplekke nie gesluit behoort te word nie. Die mense het weer nie die Wet geraadpleeg nie. 'n Gebied mag slegs vir 'n tydperk gesluit word totdat die situasie beredder is. Dit mag nie vir altyd gesluit word nie.

Ek hou van die wysiging wat die agb lid mnr Ramatlakane voorgestel het. Hy was so streng dat hy ges het dat dit binne 'n radius van 5 km van die middelpunt van daardie gebied moes wees. Hy het meer tande aan die wysiging gegee as waaraan ons aanvanklik gedink het. Ek hou van sy bydrae. Die agb lid mnr Ramatlakane kom egter hier en braak gal, maar hy het sy ondersteuning aan die hele amendement uitgespreek. Dit is vir my duidelik dat ons een taal praat as ons in 'n staande komiteevergadering is, maar wanneer ons op die verhoog gaan staan en die mense daar buite in die gesig kyk, praat ons 'n ander taal.

Mnr M L FRANSMAN: Ons s dit nie.

Mnr N M ISAACS: Die agb lid mnr Fransman weet wat die agb lid mnr Ramatlakane ges het. Hy weet wat sy bydrae was. [Tussenwerpsels.] Hy weet hoe die agb lid mnr Ramatlakane sy saak gestel het. Hy weet daardie agb lid was die voorloper en is die een wat die wysiging van die agb Minister die sterkste ondersteun het. [Tussenwerpsels.] Ja, ek wil net h hulle moet weet. Hulle moet nie onder die indruk verkeer dat die wysigings slegs van een kant gekom het nie. Die ANC was die sterkste voorstanders van die wysigings. Hulle het dit so hoog opgegee dat ek verbaas gestaan het. Ek kon nie glo dat die kinders van die struggle so baie verander het nie.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Wat is die punt? [Onhoorbaar.]

*Mnr N M ISAACS: Die punt is ... [Tussenwerpsels.] Nee, nee.

Mnr die Speaker, die bevoegdhede wat aan die agb Minister verleen is, sluit in om 'n pad of 'n staanplek gesluit te verklaar of om oor die uitsteltydperk te besluit. Hierdie bevoegdhede het nie voorheen bestaan nie, en hy sal onthou dat artikel 2 van die Hoofwet nie sodanige bevoegdhede aan hom verleen het nie. Die agb Minister het hierdie bevoegdhede nodig gehad. Ek was die een wat gevra het waarom ons in die regulasies bevoegdhede aan die Minister verleen. Die agb Minister moes 'n direkte wysiging aan die Wet gehad het, en nie aan die regulasies nie. Hy sou dan na sy kantoor kon gaan en regulasies uitvaardig, en indien hy wou, kon hy die gewone hoflikheid teenoor ons betoon het deur ons toe te laat om daarna te kyk. Ons weet almal dat regulasies die eiendom van die agb Minister is.

*Mnr L RAMATLAKANE: Maar ... [Onhoorbaar.] ... het daarmee saamgestem.

*Mnr N M ISAACS: Ek moes daarmee saamstem vanwe die dringendheid van die saak. Iets moes gedoen word. Ek vertrou dat die agb Minister binne die volgende 48 uur daardie gebiede gesluit sal verklaar en dat die staanplekke dus gesluit word.

Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE: Mnr die Speaker, ek wil graag al die agb lede wat aan die debat deelgeneem het, bedank vir hul bydraes en vir hul ondersteuning van hierdie maatrel.

Meneer, voordat ek repliek lewer op die toesprake van die sprekers, wil ek graag verwys na die Wysigingswetsontwerp, en spesifiek na artikel 30B, "Buitengewone maatrels vir verklaarde gebiede". Ek haal uit subartikel (2) aan:

Voordat die Minister regulasies kragtens subartikel (1) maak, moet hy of sy 'n kennisgewing in die Koerant, en in 'n nuusblad wat in die verklaarde gebied in omloop is, laat publiseer en kan raadpleeg met vervoer-raadplegende forums wat ingevolge regulasies tot hierdie Wet of enige ander vervoerwetgewing wat van toepassing is op die Provinsie Wes-Kaap, gestig is met vermelding ...

*Mnr die Speaker, ek wil agb lede se aandag graag vestig op die feit dat die voorgestelde klousule 30A nie vooraf kennisgewing van die uitvaardiging van 'n verklaarde gebied vereis nie. Die rede hiervoor - en ek kom nou by die toespraak van die agb lid mnr Ramatlakane - is dat die omstandighede sodanig kan wees dat baie spoedige optrede vereis word. Niks, en dit is die punt wat ek wil maak, verhoed my egter om nie vooraf kennis te gee nie. As die omstandighede in 'n gebied tot 'n onaanvaarbare vlak verswak en tensy daar 'n onmiddellike verbetering is, is dit my voorneme om die gebied tot 'n verklaarde gebied te verklaar, soos beoog in artikel 30A van die voorgestelde Wysigingswet.

Ek wil dit duidelik maak dat, sonder dat die situasie op grondvlak eers gemoniteer word, die voorgestelde Wet bloot 'n instrument in die hand van die Minister is. Ek sal nie alles eenvoudig sluit nie. Ek sal samesprekings met al die belanghebbendes voer. Ek sal met hulle praat en die stappe aan hulle verduidelik wat ons sal doen indien dit nodig raak om daardie stappe te doen.

Ek stem met die agb lid mnr Louis saam dat hierdie wysiging nie in isolasie van die Hoofwet beskou moet word nie. Ons was genoodsaak om die Wysigingswetsontwerp op te stel, ongeag of ander provinsies dit reeds twee, drie jaar gelede uitgevaardig het. Op daardie stadium het daardie provinsies die wysigings nodig gehad om die geweld daar hok te slaan. Dit was toe noodsaaklik om bepalings te h wat die geweld in daardie provinsies kon hokslaan. Ons het op daardie stadium nie met dieselfde situasie te kampe gehad nie. Ons is nou nog in 'n situasie waar die veiligheidsmagte en die SAPD met die nodige ondersteuning die werk kan doen.

Ek stem met die agb lid mnr Louis saam dat dit noodsaaklik is dat ons kyk na die regte van mense en ook die regte van die onderskeie vervoerinstansies. Ja, ons moet kyk na die regte van die taxi-eienaars, en na die regte van die gemeenskap, die busmaatskappy en ander operateurs. Ons moet ook in ag neem dat dit nie net die bus- en taximaatskappye is wat hier ter sprake is nie. Dit raak ook ander vervoermodusse, wat moontlik geraak kan word na gelang hierdie situasie verder gevoer word.

Die agb lid mnr Louis het ook verwys na die skut van voertuie. Ek is regtig bly dat ons daardie klousule in 'n mate omskep het en dit by die oorspronklike Wet ingesluit het. Dit sou andersins die onmoontlike van my geverg het om 'n plek te kry waar ek voertuie onder behoorlike beskerming in 'n skut kon hou en sodoende kon voorkom dat verdere eise teen my of teen die plaaslike owerheid ingestel word, sou van die voertuie in die skut beskadig word of gesteel word. Ek het op die tweede dag wat die Wetsontwerp bespreek is, onmiddellik ges het dat ek met die bepaling saamstem, want ek het nagedink oor waarom dit vir my 'n onmoontlike situasies sou skep. Om die waarheid te s, dit sou vir enige Minister in di verband 'n onmoontlike situasie geskep het, en nie net vir my nie, want dit sou nodig gewees het om mense te kry om die voertuie op te pas. Dit sou in die eerste instansie nodig gewees het om 'n perseel te vind waar die voertuie geskut kan word. Ek wil die staande komiteelede bedank wat daaraan aandag geskenk het en toegesien het dat dit in artikel 30(1)(l) ingevoeg is.

Ek wil die agb lid mnr Ramatlakane bedank vir die positiewe bydrae wat hy gelewer het. Hy het ook 'n paar maal na my keel gegryp, en ek aanvaar wat hy ges het in die gees waarin hy dit ges het. Dit is belangrik dat ons wat die hoofwoordvoerders oor Vervoer is en in die middel van die ding staan, mekaar respekteer.

Die agb lid mnr Ramatlakane het verwys na die 51 dae wat dit geneem het om die Wysigingswetsontwerp op die Tafel te kry, maar hy weet ook - hy was 'n Minister - dat 'n proses begin word waarby 'n wetsontwerp gebore word; daarna moet dit 'n spesifieke prosedure deurgaan. Die Kabinet gaan 'n wetsontwerp deur, en as die Kabinet nie daarmee gelukkig is nie, moet dit teruggaan na die departement, waarna die regsverteenwoordiger sy ding moet doen ... [Tussenwerpsels.] Al daardie prosesse moet deurgaan word.

Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Was die agb Premier ongelukkig?

Die MINISTER: Ek s nie daar was teenkanting nie, ek s dit is die pad wat 'n wetsontwerp loop.

Mnr die Speaker, nadat die Kabinet die Wysigingswetsontwerp goedgekeur het, het dit die pad na die Speaker geloop; die Speaker moes die staande komitee byeenroep, en die staande komitee het genoeg tyd nodig gehad sodat hulle 'n behoorlik deurdinkte Wysigingswetsontwerp kon opstel.

Dit was my voorneme om die Wysigingswetsontwerp verlede week Donderdag ter Tafel te l. Ek het egter besluit ons moet redelik wees. Die voorsitter van die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling het my gevra of ek 'n goeie wet of 'n halfgebakte peer wil h. Ek het 'n bietjie ongemaklik gevoel, maar nadat ek dit oordink het, het ek gevoel ek en die staande komitee moet redelik wees. Ek het toegegee en die agb Premier versoek om ons tyd te gee om 'n behoorlik deurdinkte wetsontwerp op te stel. As ons onder druk voortgegaan het, was artikel 30C in die Wysigingswetsontwerp opgeneem en het ons probleme gehad, want dan moes ons plekke soek om geskutte voertuie te berg. Ek is dus bly dat die Wysigingswetsontwerp vandag voor ons dien.

Ek gee toe, oor die afgelope 51 dae het mense gesterf, waaroor ek jammer is. Mense se eiendom is in di tydperk beskadig, waaroor ek jammer is. Maar ek s hierdie Wysigingswetsontwerp moet die middel word waardeur ons weer stabiliteit in daardie gemeenskappe ...

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die MINISTER: ... en daardie gebiede kan bring. Dit is die doel van die Wysigingswetsontwerp.

Die agb lid mnr Ramatlakane het gepraat oor die iSLPs; daaroor kan ons praat. Daar is 400 goedgekeurde permitte by die raad; daaroor kan ons praat. Die Plaaslike Padvervoerraad moet herstruktureer word; daaroor kan ons praat. Oor alles wat hy voorgestel het, kan ons praat. My deur staan oop, en ek nooi ander mense uit om met my te bespreek wat hulle meen werklik gedoen kan word. Ek het nie 'n probleem daarmee nie.

Mnr die Speaker, daar word voorsiening gemaak - en daarom moet ek my vriend aan die gorrel gryp - vir besware. Ek s nie mense moet met elke aansoek beswaar maak nie, maar as 'n roete reeds oorvol is en daar kom nog 'n operateur by, en as die inspekteur s hy kan nie nog 'n staanplek goedkeur nie omdat die munisipaliteit dit nie kan inruim nie, dan moet mense verstaan dat dit die rede vir die beswaar is. Dit moet egter 'n geldige beswaar wees.

Ek wil die agb lid mnr Winde bedank vir sy ondersteuning en vir die wonderlike bydrae wat hy in komitee gelewer het. Ek kan sien dat hy oor die afgelope tyd goeie opleiding in openbare vervoer self verwerf het. Hy moet so aanhou, dalk sal hy nog eendag 'n Minister word. [Tussenwerpsels.] Ek wens hom sterkte toe.

Die agb lid mnr Winde het ges die regte van mense moet beskerm word. Daarmee stem ek volkome saam. Ek wil byvoeg dat die mense wat daardie reg oortree, ook moet verstaan wat "the rights of our people" beteken. Dit is nie net die geval dat sekere mense regte het nie; al die mense het regte en ons moet al die regte van al die mense in hierdie provinsie beskerm.

Mnr A ISMAIL: Hoor, hoor! [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Die agb lid me Phenduka het verwys na die moord op mnr Ganuganu. Ek was verskriklik hartseer toe ek die nuus verneem het. Ek was een van die eerste mense wat ingelig is toe mnr Ganuganu doodgeskiet is. Ek kon nie sy begrafnis bywoon nie, omdat ek 'n ander afspraak gehad het.

Nog 'n persoon is doodgemaak. My inligting is dat een van die mense wat my Vrydag gespreek het, vandag vermoor is. Meneer, een van die lede van die gemeenskap wat my Vrydag kom sien het en om beskerming gevra het, is vandag vermoor. Dit is nie slegs 'n situasie tussen die taxi's en die busse nie. Dit gaan in die eerste plek ook oor boewery en misdaad.

Ek bedank die agb lid me Phenduka vir haar bydrae. Dit is nie dat ek bevrees was vir my lewe nie. Ek moes die besluit van die agb Premier en die Kabinet gehoorsaam om nie die memorandum te aanvaar nie. Ek het die agb Premier toe versoek om my toe te laat om na die mense te gaan en die memorandum te aanvaar, wat ek gedoen het.

Mnr A ISMAIL: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Die rede waarom ek nie onmiddellik gegaan het nie, was nie omdat ek bang was nie. Die enigste persoon wat ek vrees, is God. [Tussenwerpsels.] As enigiemand enigiets aan my wil doen, sal hulle slegs my liggaam beskadig.

Mnr die Speaker, ek wil vervolgens die agb lid mnr Ismail opreg bedank vir sy wonderlike ondersteuning. Ek bedank hom vir die feit dat hy ges het ons moet die Wysigingswetsontwerp verwelkom sodat ons stabiliteit in daardie gebied kan terugkry. Hy het ook ges dat die Kaapse Skiereiland die tweede grootste verstedelikingsgebied in die land is. Dit is waarom ons altyd met probleme van hierdie aard te kampe sal h. Ons moet daarmee handel.

Ek wil ook die agb lid mnr Lewis bedank vir sy ondersteuning en vir sy teregwysing om nie eenvoudig die taxistaanplekke te sluit nie. Dit is glad nie my voorneme nie. My voorneme is om met mense oor hierdie soort situasie te praat. Maar werklik, en ek s dit hier in die openbaar, as die geweld en die situasie op voetsoolvlak nie verbeter nie, dan sal ek genoodsaak wees om gebiede te sluit - roetes, areas of taxistaanplekke. Ons sal dit egter slegs doen as ons oortuig is dat die situasie op voetsoolvlak dit regverdig.

Ek wil nie inmeng by die politieke menings wat hier oor die vloer geslinger is nie. Die UDM het dieselfde regte as enige van die ander politieke partye in die Huis, en as daar mense is wat daarmee probleme het, is dit hulle saak.

Mnr N M ISAACS: Dugmore.

Die MINISTER: Die agb lid mnr Dugmore? [Tussenwerpsels.] Ja, maar hy kan maar nie die DP verdra nie. [Tussenwerpsels.] Elke keer as hy op sy voete kom, kap hy polities na die DP. Kom ons haal vir een oomblik die politiek uit die situasie. As ons di wetgewing op die basis van politieke affiliasie gaan beredeneer, sal ons nie 'n politieke oplossing vind nie.

Ek is dankbaar vir die ondersteuning wat ek van die agb lid mnr Dugmore ontvang het. Ek is ook dankbaar dat hy ook gewys het op die 51 dae wat verloop het - ek het reeds daarmee gehandel.

Wat sy verwysing na die wette van KwaZulu-Natal en Gauteng betref, my kollegas daar het hul steun teenoor my uitgespreek. [Tussenwerpsels.] Ons moet nie toelaat dat mense van 'n situasie misbruik maak om kriminele dade te pleeg nie.

Ek wil vervolgens die agb lid mnr N M Isaacs bedank vir sy bydrae. Hy het verwys na die provinsiale Grondwet en na die agb lid mnr Dugmore. Hy het verder verwys na beswaarmaking. Ek het reeds ges dat mense kan beswaar maak. Hy het ook ges dat die Golden Arrow Busdienste daagliks 160 000 mense vervoer, terwyl die taximaatskappye nie die helfte van daardie aantal mense vervoer nie.
Mnr die Speaker, ek wil die agb Premier, die lede van die Kabinet en van die staande komitee, agb lede wat aan die debat deelgeneem het en al die ander agb lede hier bedank vir hul ondersteuning. Ek versoek agb lede dat hulle my daar buite ook sal ondersteun. Agb lede moet nie hier uitstap en daar buite s, "Kyk net wat doen hulle nou weer", nie. Kom ons besluit dat dit wat vandag hier gebeur het, nooit weer moet gebeur nie. Ons mag nie weer toelaat dat mense se lewens op die spel geplaas word nie. Ons is verantwoordelik vir behoorlik deurdinkte wetgewing wat toegepas word.

Meneer, ek stel voor dat die Wetsontwerp vir die tweede maal gelees word.

Goedgekeur.

Wetsontwerp vir die tweede maal gelees.

Wetsontwerp nie na die Komitee van die Hele Huis verwys nie.

Wetsontwerp vir die derde maal gelees.

GEWELD OP KAAPSE VLAKTE

(Onderwerp vir bespreking)

Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Speaker, 'n baie bitter beker het om gekom, skote het geklap en op Uitsig en Matroosfontein word die families Gosh, Jansen en Thompson spesifiek gevra om aan hierdie beker te drink; 'n beker wat nou al by soveel ander sy draai gemaak het. Ek dink aan Chantine Veldtsman - voor haar ouerhuis doodgeskiet; Clive Mohammed - in sy bed doodgeskiet; Deogan Petersen - in 'n speelpark doodgeskiet; en sy sussie probeer tevergeefs om hom uit die pad van die koels te kry en sy word in die kop getref, en soos wat ons vandag hier praat, veg sy om haar lewe in die Tygerberg Hospitaal. Pastoor Duckitt was op pad na 'n biduur - hy hoor die sirenes, sien die gewemel en gewoel verder op in die straat, sien die polisieligte flikker, kom op die toneel aan en word begroet deur die lewelose liggaam van sy dogter Rene - doodgeskiet. Hul ouderdomme is 3, 3, 9, 11 en 20 jaar. Hulle is maar slegs enkeles. Die rol is te lank om uit te lees, en dit groei daagliks. Dit is die lewe op die Kaapse Vlakte.

Amelia en Bianca, onderskeidelik 17 en 18 jaar, is wreed vermoor. Mnr Jensel, die skoolhoof aan die Sekondre Skool Uitsig som soos volg op: "Hulle was van Uitsig se bestes - hardwerkend en voortdurend toegewyd tot die taak van hul studies. Die koerante sou beslis later vanjaar hul name met die bekendmaking van die matriekuitslae dra. Wat 'n verlies!" Terwyl hy praat, rol die trane. Samuel Jensel het kinders afgegee; kinders wat ongetwyfeld hul o op die toekoms gerig het. Die een wou 'n boekhouer word, en die ander een 'n maatskaplike werker. Drome is vernietig. Dit is die lewe op die Kaapse Vlakte.

Mnr die Speaker, 'n bloedreuk hang oor die Kaapse Vlakte. In Uitsig en Matroosfontein, veral, is daar 'n geweldige geklaag en geween; daar is angs en onsekerheid, en daar is wanhoop. Dit trek die Kaapse Vlakte deur: Amelia en Bianca is wreed vermoor.

Ek versoek agb lede om veral te dink aan die laaste paar minute van hul lewens. By die roudienste, die bidure op straat, so tussen die koppies tee deur, en byna oral waar mense bymekaargekom het en vergader het, was daar ges en word dit steeds ges: "Die Kaapse Vlakte brand. Hier is 'n ding aan die gebeur. Ons vroue en kinders word afgemaai."

Skoot na skoot klap. Daar word ges dat die inwyding van nuwe bendelede aan die orde van die dag is. Die ANC het deur my versoek dat die Provinsiale Parlement die situasie op die Kaapse Vlakte, en die impak daarvan op veral vroue en kinders, as 'n aangeleentheid van uiterste dringendheid en openbare belang moet hanteer. Die antwoord daarop was, en ek haal aan:

The matter does not qualify under Rule 119 as a matter of urgent public importance.

Wat 'n skande! Tog moet Amelia en Bianca se ouers en families, en so ook di van die ander gevallenes, hierdie boodskap verstaan. Agb lede kan verseker wees dat ek seker maak dat hulle die boodskap kry. 

Mnr die Speaker, dit is presies hoe die Nuwe NP oor die algemeen die Kaapse Vlakte hanteer. Ons vroue en kinders sterf, maar daar is nie dringendheid nie. Ons word met relmaat na die oop grafte gestuur, maar daar is nie dringendheid nie. Terwyl ons hier vergader, is nog 'n familie besig om begrafnisrelings te tref. Hoe anders is die huidige Minister se vertoning as di van sy voorgangers! Die name van Hernus Kriel en andere kom so vinnig by my op. Dit is miskien die vraag wat beantwoord moet word. Ons mense op die Kaapse Vlakte in die besonder, het 'n antwoord nodig.

Na my versoek moes ons nog 'n persoon aan die dood afstaan. Die 15-jarige Crescendo August van Ravensmead is oor die naweek verkrag en vermoor - geen dringendheid nie? Hierdie Parlement en die Nuwe NP staan aangekla, en die Nuwe NP in die besonder.

Lewe op die Kaapse Vlakte bekommer nie, dit beteken niks, is nie kosbaar nie. Dit is 'n geval van moor julle maar mekaar uit. Die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning wag intussen op Houtbaai en Tokai en in die Waterkant om sy verskyning te maak, te vertoon en op te tree. Dit verras my nie juis nie. Die NP, nuut of nie nuut nie - deftige pakke, dasse, hoede, of wat ook al - en ongeag of 'n mens "NP" of "Nuwe NP" wil skree, het 'n probleem. Die verantwoordelike Minister het 'n probleem. Bendes, dwelms en misdaad is deel van die NP se geskiedenis. Dit is NP-nalatenskap. Wouter Basson is deel van daardie nalatenskap. Die uitstrooi van Mandrax op die Kaapse Vlakte is deel van daardie nalatenskap. Die huur van bendelede, soos Peaches, om sekere apartheidsteenstanders te vermoor, is deel van daardie nalatenskap. Ek verstaan die Nuwe NP se probleem. Hulle kan nie uit die geskiedenis wegbreek nie. Dit is 'n geval van doen die regte ding en verdwyn.

Die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning kan nie teen bendes op die Kaapse Vlakte optree nie - die geskiedenis haal hom in. Die agb Minister gaan liewer na Tokai om daar met 'n paar belastingbetalers te praat wat daaroor besorg geraak het dat straatkinders moontlik by die Porterskool onder projek Chrysalis ingeneem sal word en dat dit sekere implikasies vir die buurt gaan inhou. Daardie selfde aand was ek by 'n roudiens in Uitsig vir Amelia en Bianca. Hy woon liewer 'n belastingbetalersvergadering op Tokai by - hy sien nie kans om na Uitsig en Elsiesrivier te gaan nie. Hy dien liewer die belange van 'n handjie vol wit kiesers, as misdaad op die Kaapse Vlakte - so s die agb Minister en so s die koalisie. Waarom omgee? Dit is mos maar net die Kaapse Vlakte. [Tussenwerpsels.] Ek kom nou by daardie agb lid.

Mnr die Speaker, dit is geen wonder dat bronne steeds versprei staan soos wat ons dit sien nie. Dit is geen wonder dat Kleinvlei steeds swakker toegerus is as Kuilsrivier nie, Ravensmead as Parow nie en Manenberg as Seepunt nie. Op di trant kan ek voortgaan. Die verhaal is daar vir almal om te lees. Moorde, verkragtings en misdaad op die Kaapse Vlakte is mos maar net misdaad op die Kaapse Vlakte. En wie is die Kaapse Vlakte in elk geval? Misdaad daar is tog iets alledaags.

Kortom, die agb Minister, die Nuwe NP, die agb Minister van Onderwys en daardie bedmaat - daardie een wat gemaklik op 'n enkelbed inpas vanwe sy grootte, en dan nog baie ruimte laat - die DP, vir hulle is dit 'n kwessie dat hulle eenvoudig as af is. Die agb Minister van Onderwys hardloop haar voete af vir die kameras. Sy jaag onderwysers rond, rottang in die hand, en stuur e-boodskappe oor haar begrip van wat oorwegend Joodse en Moslem-skole is. [Tussenwerpsels.] Sy doen eenvoudig allerhande dinge. Intussen word jong meisies soveel leed aangedoen as deel van bendelid-inwyding. Die agb Minister van Onderwys moet vandag hier s waarmee hulle doenig is om seker te maak dat daar gekyk word na die rol van skole in areas soos di, sodat ons kan begin om 'n impak op die lewens van die jong mans daar te maak. Hoe kan ons die probleem omkeer - vergeet van die kameras en beantwoord die vraag. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, daar word nou reeds ses jaar lank gepraat en gepraat, maar dit gaan by die een oor in en by die ander oor uit. [Tussenwerpsels.] Ek stel voor dat daardie agb lid luister, anders sal ek mre weer kan s dit was by die een oor in en by die ander oor uit. [Tussenwerpsels.]

Agb lede kan gerus nou kennis neem dat die ANC ... [Tussenwerpsels.] ... - ja-nee, dit is 'n kwessie van daardie agb lid het nie die kapasiteit om te hou nie - direkte skakeling en werk met ons gemeenskap sal verskerp om misdaad die hoof te bied. Ons sal voortgaan om direk te skakel en te werk met die goeie polisiemanne en -vroue sodat ons die ding kan begin omdraai. Ons sal voortgaan om in ons gemeenskap te organiseer asof daar, so tussen hakies, nie 'n Minister is nie. Ons sal probeer verseker dat skuldiges aan die pen ry, dat borgtog, waar gepas, nie toegestaan word nie; en dat minimumstrawwe behoorlik gehandhaaf word. Ons sal hierdie vennootskap teen misdaad op voetsoolvlak bou. Ons sal dit verder laat wortel skiet. Ons sal dit laat groei. Die toekoms is ons toekoms. Ons sal die buurtwagte betrek en die buurtwagte loods.

Mnr die Speaker, u weet en ek weet dat vuurwapens - en so getuig die gevalle wat ek vandag hier gelys het - 'n geweldige rol speel by die pleeg van misdaad, veral op die Kaapse Vlakte. Die ANC se standpunt oor vuurwapens is duidelik en daar vir almal om waar te neem.

Ons het nie die probleem dat ons moet seker maak dat ons die regte ding s om te voorkom dat die verkiesingskoffers en die partykoffers geskud sal word as ons miskien deurmekaar gaan praat nie, of teen sekere belange in gaan praat nie. Ek praat spesifiek van vuurwapenbeheer. Ek praat spesifiek van die DP. Ek praat spesifiek van die Nuwe NP. Hulle het die geld nodig. [Tussenwerpsels.] Wat ons s, is dat deel van die plan sterk en goeie vuurwapen-beheermaatrels moet wees. Vandag is dit vir die partye in di Huis nodig om so te praat, anders sal ons vir Bianca, Amelia en die ander mense na hulle - laat ons nie 'n grap daarvan maak nie - hierdie soort nalatenskap laat voortduur. Ons praat van herlisensiring en beperkte vuurwapenbesit. Ons praat van die visentering van enige persoon en van voertuie vir onwettige wapens.

Ons op die Kaapse Vlakte word teruggehou deur sterk pro-vuurwapen groepe. En dan word ons verder teruggehou deur partye wat met daardie groepe in die bed spring. Hoeveel lewens moet ons nog verloor voordat ons die regte ding sal doen? Vandag moet ons praat, so nie sal die skote aanhou klap. Die Kaapse Vlakte het vrede nodig. Te veel Valencia's, Bianca's en Chantines het met hul lewens geboet. Om vrede op die Kaapse Vlakte te kry, is dit inderdaad nodig om na die herverspreiding van bronne te kyk. Dit is inderdaad nodig om na vuurwapen-beheermaatrels te kyk. Dit is die uitdaging waarop ons vandag sal moet reageer.

Mnr die Speaker, my wens is: laat die geskiedenis ons na 'n tyd van nou af nie oordeel nie en skuldig bevind aan 'n gebrek aan die wil om die regte ding te doen.

*Mnr P J MARAIS: Mnr die Speaker, Suid-Afrika is vinnig besig om 'n nasie van moordenaars en verkragters te word wat teen die woede van hul slagoffers beskerm word deur 'n grondwet wat nie gepas is vir die tyd om misdadigers doeltreffend te hanteer nie.

Goeie, godvresende, wetsgehoorsame burgers word op 'n ongewenaarde skaal brutaal vermoor en hul moordenaars word toegelaat om die res van hul lewens deur te bring in opgegradeerde tronke waarvoor deur hul slagoffers betaal is. Die maagdelikheid van 'n jong meisie is minder as twee jaar in die tronk werd, en die meeste moordenaars en verkragters kom los vanwe 'n ontoereikende regstelsel. Ons Polisiemag is ontoereikend, onderbeman, onbekwaam en onderbetaal. Party hooggeplaaste staatsamptenare en hoprofiel politici is korrup en word deur ons eie regstelsels toegelaat om weg te kom met 'n blote tik oor die vingers. Die howe word belaster en bespot deur mense wat beter behoort te weet as om die geloofwaardigheid van die land se setel van soewereiniteit te bevraagteken. In hierdie land is die howe soewerein, nie die Parlement nie. Hulle is die finale beslegger in alle dispute, en nogtans bevraagteken ons daardie finale beslissing.

En terwyl al hierdie dinge aan die gang is, is ons miskien laf en naef om te dink dat 'n parlementre debat van 50 minute die wondermiddel kan wees waarna ons so dringend soek. Dit kan ons eie gewetes salf, maar dit kan nie lewe bring aan die pap liggame van Chantine Veldtsman of Clive Mohammed nie. [Tussenwerpsels.]

Geregtigheid beteken straf om by die misdaad te pas en ek s dat die enigste straf wat by die misdaad van koelbloedige moordenaars pas, die lus van die laksman is. Laat die super liberale wat nie die gedagte van wraak teen moordenaars - deur hulle op te hang - kan verdra nie, vir eens en vir altyd besef dat hulle 'n klein minderheid uitmaak. Die mense van alle kleure, politieke oortuigings en kulture eis die doodstraf. Ons het nie verhewe idealisme nodig nie. Ons het 'n doeltreffende oplossing vir 'n abnormale toedrag van sake nodig. [Tussenwerpsels.] Het daardie agb lid nog nie genoeg voor my gepraat nie?
'n Regering se no 1 voorkeur moet die toereikende beskerming van sy burgers wees. Dit is waarom miljarde rand aan gewapende magte bestee word. Waarom is ons bereid om invallers van buite dood te maak met die mees vernietigende wapentuig, maar nie plunderende bendes binne ons eie grense nie? Maak dit saak of dit 'n bende of buitelandse soldate is wat ons vroue wil verkrag? Waarom is dit in die haak om menslike wesens in soldate uniforms van ander lande wat ons land bedreig, brutaal te vermoor, maar is dit ongrondwetlik om moordenaars en verkragters binne ons grense op te hang? Watter soort verwronge moraliteit is dit dat juis daardie mense wat teen die doodstraf gekant is, nie daarteen gekant is om ons jeug na ander lande te stuur om mense daar dood te maak nie? [Tussenwerpsels.] 

Sal ons, as soldate van enige vyandige staat ons grens oorsteek en ons vroue verkrag of vermoor, hul lewens spaar en hulle in lekker gemaklike tronke met kleur TV-stelle sit? Daar sal nie enige verhore wees nie. Hul blote teenwoordigheid in ons land gee aan ons magte die reg om te skiet om dood te maak. Die menslike ras word bedreig deur minderheidgroepe wat hulself terroriste, bendes of psigopate noem. Hulle is net so onwelkom soos buitelandse vyandige magte en moet dienooreenkomstig behandel word. Weet agb lede wat die probleem is? Die bendes beskik oor vuurkrag wat die vuurkrag van ons eie polisiemanne ver oorskry. Hulle moet met pistole rondloop, terwyl bendes rondloop met semi-outomatiese wapens. [Tussenwerpsels.] Hulle moet lewenslank tronk toe gestuur of ter dood veroordeel word, maar nie parool kry vir hul misdade nie.

Tensy hierdie Regering strenger optree teen misdadigers, sal die gemeenskap gedwing word om te organiseer en hulself, hul huise en hul eie buurte te beskerm. Ek s dit omdat ek in 1972 die leier was van 'n vigilante beweging, een van die eerstes in die Wes-Kaap, van omtrent 65 mans. Ons was deur die destydse Bishop Lavis-polisie ingesweer en ons het streng opgetree teen misdadigers as ons hulle op straat gekry het. Ons het Bishop Lavis en Nooitgedacht skoongemaak. [Tussenwerpsels.] Dit was doeltreffend.

Die polisie kan ons nie beskerm nie, waarom erken ons dit nie? [Tussenwerpsels.] Die polisie kan ons nie beskerm nie en die nasionale Regering het ons in die steek gelaat. Ons het almal stilstaande teikens geword vir groot dwelmsmouse, bendelede en verkragters. Ons beheptheid met billikheid in die post-apartheidsera het ironies die skaal ten gunste van misdadigers laat swaai, ten koste van die res. Ons kan nie toelaat dat dit die definisie van demokrasie word nie. As demokrasie regering vir die mense deur die mense is, waarom sterf die mense dan daagliks soos vlie terwyl die Regering hulpeloos en ledig rondstaan?

As die Sentrale en Provinsiale Regering nie misdadigers kan stop nie, dan moet die nuwe unistad dit doen. As hulle nie 'n doeltreffende polisiemag op provinsiale of nasionale vlak kan beheer nie, het dit tyd geword dat die nuwe unistede besluit of hulle hul eie departemente van Wet en Orde moet h. Ek sien uit na 'n misdaadondersoekdepartement op munisipale vlak, met hul eie munisipale mag, en sou dit aanmoedig. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, die enigste ware uitdaging vir die Sentrale Regering sal in die toekoms van munisipale owerhede moet kom. Dit is die enigste ander vlak van regering met sy eie inkomstebasis van belasting. Die provinsiale regerings is te afhanklik van sentrale toelaes om outonoom te wees in die keuses wat hulle uitoefen. Die sentrale Tesourie gee in 'n toenemende mate geld aan provinsies as voorwaardelike toelaes, onbuigbaar geoormerk vir spesifieke doeleindes. En provinsies word meer en meer blote administratiewe uitbreidings van nasionale Ministeries.

Ons is ooglopend besig om in die rigting van 'n tweevlak-regering soos di van Groot Brittanje te beweeg. As die huidige tendense voortduur, sal die Provinsiale Regering minder en minder relevant raak. Die stryd teen misdaad sal 'n munisipale bevoegdheid word, en ons moet voorberei daarvoor.

As die Sentrale Regering aanhou om die Wes-Kaap te dwarsboom in ons pogings om misdaad doeltreffend aan te pak, het dit miskien tyd geword dat die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement besluit om die agb Premier aan te raai om die Departement van Veiligheid en Sekuriteit te ontbind en daardeur die Sentrale Regering van 'n sondebok vir hul eie ondoeltreffendheid te ontneem. Die oomblik as iets verkeerd loop, s die Sentrale Regering dat die Wes-Kaap iets moes gedoen het, terwyl hulle weet dat ons nie oor die hulpbronne of die bevoegdheid beskik om dit te doen nie.

Mnr die Speaker, mense gaan onnodig dood. Misdadigers kom meer dikwels los as wat hulle vasgevat word. Dit is 'n feit van die lewe. Meer misdadigers kom los as wat aangekeer word en in die tronke gestop word. In Suid-Afrika is dit veiliger om 'n misdadiger te wees as 'n wetsgehoorsame burger. Ons dra nie wapens, messe of AK-47s nie en meesal neem ons nie die reg in eie hande in weerwraak nie.

Kan dieselfde van bendelede ges word? Misdadigers dra wapens, hulle dra messe, pangas en AK-47s. Hulle verkrag, beroof en vermoor. Nogtans is hulle verseker van borgtog. Hulle word deur die ANC-regering van 'n regverdige verhoor verseker. [Tussenwerpsels.] Hulle is verseker van opgegradeerde tronke. Hulle is verseker van die beste voedsel wat ons kan aanbied. Hulle is verseker van die beste medisyne. Hulle sal selfs AZT kry as hulle Vigs het. Die ANC het die tronke so gerieflik gemaak. Dit lyk asof hulle nie kan vergeet dat hulle self eens op 'n tyd daar was nie. [Tussenwerpsels.] Dit is die probleem. Hulle het nie van tronke iets gemaak wat misdadigers vrees nie. Hulle het van tronke iets gemaak waarna misdadigers uitsien, want hulle kan van hul eie armoede ontsnap deur in hul vyfster-tronke te gaan bly. Ek verstaan dat dr Boesak nou ook in 'n vyfster-tronk is, ek weet nie.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: is dit toelaatbaar dat 'n agb lid van die Huis 'n Grondwet aanval wat hy met 'n eed onderneem het om te onderhou?

*Die SPEAKER: Orde! Dit is natuurlik nie toelaatbaar nie. Die vraag is of die spreker dit inderdaad gedoen het.

*Mnr P J MARAIS: Mnr die Speaker, ek sal die Grondwet kritiseer.

*Die SPEAKER: Orde! Ek het nie sy woorde so genterpreteer nie, maar ek sal die rekord nagaan indien dit nodig is. Die agb lid mag voortgaan.

*Mnr P J MARAIS: Mnr die Speaker, die Grondwet bepaal dat 'n mens die reg op lewe het. Ons howe interpreteer dit om te beteken dat moordenaars nie opgehang kan word nie, hulle het die reg op lewe. Dit is my vraag. Die Grondwet bepaal dat indien 'n mens doodmaak, jy nie doodgemaak sal word nie. Dit is waarmee ek nie saamstem nie. [Tussenwerpsels.] Die howe het 'n interpretasie gegee dat daardie bepaling beteken dat 'n mens nie 'n moordenaar se lewe kan neem nie. [Tussenwerpsels.] Ek is so bly dat daardie agb lede wakker is, want ek sou dit gehaat het as hulle geslaap het terwyl ek praat.

Mnr die Speaker, dit is geen wonder ... [Tussenwerpsels.] Die agb lid mnr Byneveldt het hierdie voorstel na die Huis gebring, maar hy maak die meeste beswaar. Hy verbaas my. Dit is sy voorstel. Hy is veronderstel om dit te ondersteun. Waarom gaan hy sy eie voorstel te? Hy wil strenger beheer oor misdaad h. Hy wil h dat hulle teen misdadigers moet optree, en nogtans maak hy beswaar as ek s, "Tree streng teen misdadigers op." Ek kan nie die logika verstaan nie. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, dit is geen wonder dat ons jeug veiliger tussen bendelede as tussen Sondagskoolonderwysers voel nie. Weet agb lede waarom? Omdat bendes hul lede beter beskerm as wat die polisie wetsgehoorsame burgers kan beskerm. [Tussenwerpsels.] Ons kan hier so laf wees soos ons wil en die slimste tussenwerpsels maak, maar ons kan nie die lewe teruggee aan daardie mense wat vermoor is nie. Ek dink dat wie ook al in die verlede so brutaal moord gepleeg het soos hulle, nooit vir amnestie in aanmerking moes gekom het nie. Dit is my persoonlik mening.

*Me T ESSOP: En valskermtroepe in Kasinga?

*Mnr P J MARAIS: Ek praat dit nie goed nie, wat ek s, is dat daar aan albei kante van die politieke spektrum moordenaars was. In die Quatro-kampe het die ANC ook gemoor. Hulle het baie kamerade vermoor in kampe in Mosambiek en Angola. In Suid-Afrika het hulle veroorsaak dat die veiligheidsmagte ook moord pleeg.

Wat ek s, is dat tensy ons die ANC-regering kan oortuig om streng teen misdaad op te tree, tensy ons hulle kan oorreed om minder aan gewapende magte en meer aan die polisie te bestee, en tensy ons hulle kan oorreed om nie die polisiefunksie te sentraliseer nie, maar dit aan die provinsies af te wentel, sou al die debatte wat ons in hierdie Huis het op min uitloop.

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, ek volg graag op die agb lid mnr Marais. Hy het op sy baie tipiese vurige manier die probleme met die strafregstelsel geskets. Ek stem met hom saam dat die strafregstelsel die mense van Suid-Afrika in die steek laat. Daar bestaan absoluut geen twyfel daaromtrent nie, en 'n mens moet daarmee saamstem.

Mnr die Speaker, die saak wat op die oomblik voor ons dien, is 'n uiters belangrike saak. Ek het baie aandagtig na die agb lid mnr Byneveldt geluister. Ek moet byvoeg dat as hy op dreef kom, hy my aan John Vorster herinner. Hy het werklik 'n sonore manier van praat en gebruik pragtige Afrikaans. Dit is amper soos 'n stem uit die verlede wat hier by ons opruis. Om di rede luister ek graag aandagtig na hom. Hy het die problematiek in 'n sekere sin uitgewys. Hy het tereg oor die marteling en lyding van kinders gepraat. Dit is gepas dat ons daaroor praat. Volgende week is inderdaad Kinderbeskermingsweek in Suid-Afrika. Ek weet nie of die agb lid dit weet nie. Dit is iets waaroor 'n mens in hierdie tyd spesifiek moet gesels.

Wat my egter teleurgestel het, is dat die onderwerp vir bespreking wat die agb lid op die Ordelys geplaas het lui, en ek haal aan:

Gewelddadige misdaad op die Kaapse Vlakte en die gevolg daarvan op veral vroue en kinders, en moontlike maatrels om vrede en stabiliteit te herstel, ...
Ek het heeltyd geluister en niks van moontlike maatrels gehoor nie. Ek wag nou nog. Teen die einde van sy toespraak het hy verwys na die herverspreiding van bronne wat soos 'n mantra deurgesyfer het. Hy het ook vlugtig na vuurwapenbeheer verwys, waarna ons later kan terugkeer. Ek het gehoor dat die regering van Zimbabwe tienduisende vuurwapens ingevoer het wat hulle daar gaan versprei. Dit sal natuurlik ook binnekort teen R50 per AK-47 in Johannesburg opdaag. As ons van vuurwapenbeheer praat, moet ons onthou dat daar dalk ook huidige skuld aan die verspreiding daarvan is.

Mnr die Speaker, dit is 'n ernstige probleem. Ons praat hier van 50 mense wat sedert die begin van vanjaar in bendeverwante voorvalle in ons provinsie gesterf het. Ons praat van ongeveer 100 000 kinders wat hieronder ly. Die lyding is nie net as gevolg van die dood nie. Dit is inderdaad ontbering wat kinders deurgaan, opvoeding wat tekort skiet, en so meer. Enigeen van ons wat gaan poog om oppervlakkig hierna te kyk, gaan hom/haar baie lelik vasloop, want dit is 'n probleem wat al baie dekades in ons provinsie aankom.

Ek wil uit 'n oplossingsperspektief vandag twee dinge aan die hand doen en twee probleme probeer aanspreek. Ek kom dikwels in Manenberg waar ek rondstap, met mense gesels en saam met die polisie uitgaan om te kyk wat hulle doen. Ek was voorverlede week weer daar. Die een ding wat 'n mens op voetsoolvlak optel, is dat die vertrouensverhouding tussen die SAPD en die gemeenskappe nie sterk genoeg is om suksesvolle vervolgings van bendelede moontlik te maak nie. Dit is nie sterk genoeg om suksesvolle vervolgings uit te voer nie, en daar is verskeie redes daarvoor.

Een daarvan is dat 'n bendelid gewoonlik nie die enigste familielid in sy/haar familie is wat 'n sentiment teenoor 'n bepaalde bende het nie. As 'n mens met die ma's gaan praat, en met die kinders ook, is hulle baie dikwels ook deel van daardie netwerk. Met ander woorde, hulle is nie bereid om teen hul kinders te getuig nie, behalwe die beskermingsnetwerk, en in baie gevalle ook die ondersteuningsnetwerke wat vir die gemeenskap uitgaan vanaf bepaalde bendelede. Net in die struktuur van hoe die bende in die familie inskakel, is dit al klaar problematies om getuies uit die gemeenskap te kry.

Tweedens moet ons vir mekaar reguit s dat die getuiebeskermingsprogram in ons provinsie en in Suid-Afrika op die oomblik eenvoudig nie geloofwaardigheid het nie. Baie mense moet hulle werk opoffer. Die Sunday Times het onlangs oor 'n geval gerapporteer waar die mense hul inkomste moes prysgee ter wille van 'n geloof in geregtigheid, om in 'n ander provinsie te gaan skuil. Hulle word uiteindelik afgeskeep, die saak draal en hulle wend hulself ten einde laaste tot die media.

Mnr die Speaker, die oplossing is inderdaad dat gesien moet word dat geregtigheid - en geregtigheid is wat die agb lid mnr Marais ook aangespreek het - sevier. Dit beteken dat stelsels en programme soos die getuiebeskermingsprogram inderdaad op 'n goeie en professionele basis ook vir die mense wat daaraan deelneem, suksesvol bedryf moet word. Dit is tans nie die geval nie. Terselfdertyd moet die integriteit van die polisie en die persepsie daarvan versterk word. Die meeste van die polisiemanne en -vroue is mense met integriteit, maar ons moet altyd van ons kant af daardie persepsie versterk. Dan kan ons aan hierdie vertrouensverhouding begin aandag gee, wat sterk genoeg sal wees om suksesvolle vervolgings te dra. Dit help nie om hier in die hoogste besluitnemingsraadsaal oor die lyding van mense te huil as ons nie realisties gaan kyk na wat gedoen kan word om die probleem inderdaad aan te spreek nie.

*Mnr die Speaker, dit bring my by waarskynlik, indien nie die grootste nie, een van die grootste dilemmas en struikelblokke wat te bowe gekom moet word as ons bendes suksesvol wil pak. Dit is die feit dat ons tronke deel van die probleem geword het, in plaas van deel van die oplossing. In ons provinsie is daar nou meer bendelede wat aan die 26's en die 28's behoort as wat daar vyf jaar gelede was.

Om die waarheid te s, die Direkteur-generaal van Korrektiewe Dienste wat, dink ek, as die Kommissaris-generaal bekend staan, moes twee of drie weke gelede voor die nasionale parlementre portefeuljekomitee verskyn en s: "Ek is jammer, maar hierdie departement is buite beheer. Ek het nie beheer oor wat hier aan die gang is nie." Die bendes beheer inderdaad die meeste tronke waarin hulle aangehou word.

Wat gebeur dan? Ons het 'n situasie waarin ons in 'n gemeenskap slaag deur 'n ooreenkoms tussen twee bendes, met die kerk of die polisie as tussenganger, ten einde vrede in daardie gemeenskap te h. Sodra 'n lid van een van die twee strydende bendes egter uit die tronk vrygelaat word, is daardie lid dikwels onder eed om 'n teenstander te gaan dood maak. Sodra dit gebeur, word die vrede verbreek en gaan ons deur 'n hele nuwe siklus. Dit is wat in Manenberg gebeur het, waar ses mense binne 'n kwessie van 10 dae vermoor is. Dit het iets soos 10 dae gelede gebeur.

'n Mens gaan nie die gemeenskap se probleem oplos voordat jy inderdaad die situasie binne die tronk uitgestryk het nie. Dit moet in werklikheid gedoen word deur ordentlike beheerpersoneel in die Departement van Korrektiewe Dienste. Dit is 'n wesenlike probleem. Hulle moet 'n span daar instuur om die gemors op te ruim so gou as hulle moontlik kan, want daarsonder kan die polisie en die gemeenskapsleiers daar buite dag en nag hul koppe breek, maar hulle gaan nie die probleem oplos nie. Dit is omdat die kern van die probleem inderdaad binne die gevangenisstelsel l. Ons moet werklik ernstig oor die gevangenisse besin, wat beheersentrums, eerder as oplossings, vir die bendeoorlogprobleem geword het. Dit is twee gebiede daardie.

Mnr die Speaker, ek wil graag afsluit deur, hopelik met die samekoms van die Huis, 'n ander punt uit te lig. Ons kan van die Staat se kant af baie doen om hierdie probleem aan te spreek. Gemeenskapsorganisasies kan baie doen, maar ek is van mening, na my ervaring op voetsoolvlak en op grond van gesprekke met mense, dat as die harte van mense op voetsoolvlak nie gaan verander nie, ons nie 'n blywende oplossing gaan kry nie. Dit is daardie, ek wil dit noem, geestelike herlewing wat binne daardie gemeenskappe moet plaasvind. Dit is 'n faktor wat ons nie kan induseer nie, maar waarvoor ons sensitiwiteit en waardering moet h. Ek dink dit is ook die plig van die Staat om daardie mense in die gemeenskappe wat hierdie waardes met integriteit probeer uitdra, te verhef tot kampioene in hul gemeenskappe en hulle die agting en waardering te gee vir wat hulle inderdaad doen.

Mnr die Speaker, ons plig is nie net om die sterk arm van die Staat te wees nie, maar inderdaad ook om te erken dat die oplossings vir alle probleme uiteindelik in die harte van mense l.

Mnr H A LEWIS: Mnr die Speaker, ek wil die agb lid mnr Byneveldt bedank vir die debat wat hy aangevra het. As ons na afloop van hierdie debat by die Parlement uitstap as mense wat meer sensitief staan teenoor dit wat daar buite gebeur, glo ek is reeds baie bereik met die versoek vir die debat.

Meneer, die onlangse voorvalle van geweld, nie net in Elsiesrivier en Ravensmead nie, is rede tot kommer vir almal van ons. Dit behoort meer kommer te wek by ons as Regering, provinsiaal en nasionaal, omdat ons die mandaat gekry het om die veiligheid van gewone burgers te borg. Geweld en geweldverwante voorvalle is 'n teken van ons al meer en meer siek wordende samelewing, waar morele en etiese waardes en norme onder geweldige druk geplaas word. Wat dit meer ironies maak, is dat hierdie voorvalle van geweld juis voorkom in 'n stadium van die geskiedenis van ons land waar ons besig is met die vestiging van 'n kultuur van menseregte; 'n kultuur waar elkeen die reg het tot vrye assosiasie, veiligheid, 'n werk, en so meer.

Mnr die Speaker, hierdie geweld, en vele ander maatskaplike euwels waarmee ons in ons gemeenskappe te doen het, is 'n simptoom van een van ons grootste vyande, naamlik werkloosheid. Werkskepping is nie net die verantwoordelikheid van 'n provinsiale regering of 'n nasionale regering nie, en ook nie net van die sakesektor nie. Werkloosheid en die aanspreek van werkloosheid is iets waaraan almal van ons aandag sal moet skenk in ons strewe en soeke na oplossings daarvoor. Die gevaar bestaan, en ek dink die debat het dit vanmiddag bewys, dat 'n mens die verantwoordelikheid vir wat in die gemeenskappe gebeur, probeer afskuif. Die Provinsie skuif dit af op die nasionale Regering, en die nasionale Regering skuif dit af op die Provinsie. Ons wil die probleem waarmee ons te kampe het en waarmee ons worstel, toeskryf aan apartheid en wat in die apartheidsera gebeur het. Soms wil ons dit toeskryf aan 'n nuwe regering en 'n swart regering. Dit gaan ons niks help nie. Dit kan nie die probleme oplos nie. Ek dink die een enkele uitdaging waarvoor ons in die land en in ons provinsie te staan kom, is om ons gemeenskappe op te voed oor die regte, en ook die verantwoordelikhede, van die vestiging van 'n menseregtekultuur in die land. 'n Hele paradigma-skuif in die volk se denke oor die vestiging van menseregte behoort plaas te vind.

Dit is jammer om dit vanmiddag te noem, maar op watter manier kan 'n mens mense in die gemeenskap daar buite gedeeltelik blameer vir die vestiging van 'n menseregtekultuur, wanneer selfs ons hier nie verstaan wat 'n menseregtekultuur werklik is nie? Ons pas dit toe soos dit ons pas - wanneer ek dit doen, is dit goed, maar wanneer iemand anders dieselfde doen, is dit onaanvaarbaar; ons wat juis die menseregtekultuur moet vestig en probeer borg.

Mnr die Speaker, as ek s dat verskillende organisasies betrokke moet raak by juis die vestiging van 'n menseregtekultuur, wil ek werklik die rol onderstreep wat ons kerke in die proses behoort te speel. Ek dink met 'n te lang aanloop het die kerke inrigtings geword wat op die kantlyn staan, en selfs die Regering, hetsy provinsiaal of nasionaal, gekritiseer oor 'n gemeenskap wat sosiaal besig is om te verval, terwyl die kerk in wese die verantwoordelikheid en plig het om juis te help om karakters te bou en gemeenskappe te bou. Ek glo een van die oplossings op die pad wat ons wat hier sit moet loop, is dat ons in ons gemeenskappe moet uitgaan en oor ons politieke affiliasies heen moet hande vat en begin bou aan netwerke en strukture in die gemeenskappe waarin ons woon, en kyk of ons nie kan meehelp in die vestiging van 'n menseregtekultuur nie. Onderliggend aan die transformasie van Suid-Afrika l juis die vestiging van 'n menseregtekultuur.

Mnr die Speaker, indien ons in die vestiging van 'n menseregtekultuur gaan misluk, sal 'n nuwe getransformeerde Suid-Afrika 'n droom en 'n ideaal bly.

*Me M G VANTURA: Mnr die Speaker, 'n mens dink altyd dat geweld en mishandeling iets is wat daar buite met ander mense gebeur, totdat dit met iemand na-aan jou, iemand wat jy ken, gebeur. Die 15-jaar-oue Ravensmead-meisie, Crescendo August, wat oor die naweek vermoor is, was vier jaar gelede 'n graad 6-leerling in my klas. Ek onthou haar as 'n lewendige, spraaksame, oulike en beminlike kind. Vandag is sy dood, nog 'n slagoffer van die sinnelose geweld op die Kaapse Vlakte. Sy was 'n graad 9-leerling aan die Senior Sekondre Skool Ravensmead.

Voor 1989 was Suid-Afrika een van die min lande wat nie die Verenigde Nasies se Verklaring van Kinderregte, wat in 1956 opgestel is, onderteken het nie. Selfs hoewel kinders destyds geen of beperkte regte gehad het, was daar in ons vryheidstryd organisasies wat voortdurend gestry het vir daardie kinderregte. In die 1980s is hierdie organisasies - en ek was deel van hulle - verban omdat ons ondermynend was. Kinderorganisasies was ondermynend! Kindergroepe is regoor die Wes-Kaap gestig. Kinders het aktief deelgeneem aan alle aspekte van kulturele bedrywighede en hulle is bewus gemaak van hul regte en die gevare wat hul lewens kon bedreig.

Vandag het ons 'n Grondwet en 'n Handves van Regte om ons kinders te beskerm, maar die vlaag van geweld teen kinders is besig om die Kaapse Vlakte te deurtrek, die werkersklasgebiede waar die armstes van die armes woon. Hierdie verskriklike dade kom nie in middel- of horklasgebiede voor nie. Waarom gebeur dit in ons verarmde werkersklasgebiede?

Die Regering in hierdie provinsie moet die volle verantwoordelikheid en blaam aanvaar vir die dood van ons kinders. Ek s dit omdat die Regering van die Wes-Kaap nie genoeg bel in die veiligheid van die kinders van die Wes-Kaap nie. Die mense op die Kaapse Vlakte het vir die Regering gestem en dit is die morele plig van die Regering om hul kinders te beskerm. Maar, nee, hulle sien net die Regering as hul stemme nodig is. Iets is baie verkeerd in hierdie Provinsie. Waarom het die agb Premier die hele tyd sedert hierdie toename in geweld ontstaan het, geswyg? [Tussenwerpsels.]

Die hulpbronne wat nodig is om ons kinders te beskerm, moet na die Kaapse Vlakte kom. In plaas daarvan word hulle toegewys aan polisiekantore in die veilige en welvarende woonbuurte waar kinders deur private sekuriteitswagte en ho heinings beskerm word. Dit is jammer dat die polisiedepartement nie vandag hier is om na al die moontlike maatrels te luister wat hier genoem word om vrede en stabiliteit op die Kaapse Vlakte te herstel nie. Waarom word ons onskuldige kinders op 'n daaglikse grondslag tereggestel, vermink en verkrag? Die polisie moet ons woonbuurte op die Kaapse Vlakte suiwer van die groot getal onwettige wapens.

Elke kind het 'n reg op die vryheid van beweging. Hier is hulle nie eens in hul eie agterplase veilig nie. Ja, mnr die Speaker, nie eens hier in hul eie agterplase is hulle veilig nie! Donker stegies, ongebruikte oop ruimtes, donker, vervalle trappe - dit is die speelterrein van die kinders. Ons gebiede moet as 'n saak van dringendheid opgradeer word. Helderder straatligte, spreiligte en die sluiting van onnodige donker stegies is die stappe wat nodig is om ons kinders veilig te hou.

Ek het voorheen in die Huis gepraat oor die onaanvaarbare ho vlakke van geweld teen ons kinders. Ek het die agb Minister in die Kantoor van die Premier gewaarsku teen die tydbom waarop ons sit. Sy het nie 'n enkele woord oor die dood van enige van hierdie kinders geuiter nie. Ek glo dat ek 'n baie meer waardevolle bydrae kan lewer deur met gemeenskapsorganisasies saam te werk, want hierdie Provinsie stel duidelik nie daarin belang om met al die mense saam te werk en ons gemeenskappe te transformeer om te stry teen kinderprostitusie, -mishandeling, -verkragting en onwettige vuurwapens nie.

Ons moet in ons kinders bel. Hulle is nie net ons verantwoordelikheid as kwesbare lede van die gemeenskap nie, maar hulle verteenwoordig ons toekomstige produktiewe potensiaal; dit wil s, wetenskaplikes, ekonome, onderwysers, kunstenaars, en so meer. Die behoefte aan 'n kultuur van nie-geweld en menseregte is nou belangriker as ooit. Menseregteprogramme moet by skoolleerplanne ingesluit word om ons kinders te bemagtig ten opsigte van hul regte, en om aan hulle te leer om die regte te respekteer van diegene rondom hulle.

*Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, ek wil ten eerste graag die agb lid mnr Byneveldt gelukwens omdat hy hierdie voorstel voorgestel het - hy het nie tou opgegooi nie, maar het volhard in sy begeerte om die voorstel voor te stel. Ek wil hom daarom gelukwens.

Mnr die Speaker, ek is ook teleurgesteld. Hy bring so 'n pragtige voorstel na die Huis, maar dan besoedel hy die voorstel met sy politiekery. As 'n mens 'n voorstel van hierdie aard na die Huis bring, wat oor die hele spektrum van die gemeenskap sny, dan vra ek dat hy sy koei of bul daar buite sal laat, en ek sal my koei of bul daar buite laat, sodat ons kan besin oor die saak wat die gemeenskap raak. Dit is baie belangrik.

As ek kon sou ek uit die Quattro-kampe se boeke aangehaal het en uit die Poqo-kampe se boeke. Ek sou daardie hele klomp goed uitgehaal het en die agb lid mnr Byneveldt dit voor die kop gegooi het. Ek sou gaan aanhaal het by die halssnoermoorde en alle verbandhoudende dinge en die agb lid mnr Byneveldt dit voor die kop gegooi het. Maar daarmee kan ons nrens kom nie.

Me T ESSOP: Jy het dit al klaar gedoen.

Mnr N M ISAACS: Ek wil baie mooi vra - en help tog die pikkewyntjies daar langs jou - dat 'n mens liefs kyk na hoe ons die saak kan benader. Ek sou graag wou h dat die agb lid mnr Byneveldt, nadat ons hierdie voorstel gedebatteer het, dit verder voer sodat ons daaraan kan werk en iets daaroor op die Wetboek kan kry. Laat daar 'n privaatlidvoorstel en 'n privaatlidwetsontwerp wees, en laat ons daarmee voortgaan.

Mnr die Speaker, die agb lid mnr Byneveldt het met pragtige voorbeelde begin, soveel so dat hy my amper in trane gehad het, maar toe mors hy alles op. Toe noem hy die Wouter Bassons, en hy val aan en hy praat van sy ore en hy val die koalisie aan. Wat het dit met hierdie saak te doen? Die saak wat hy na die Huis gebring het, gaan oor die mense daar buite. Daarmee wil ek hom gelukwens, maar nie met die voorafgaande nie. [Tussenwerpsels.] Vala i-suitcase. [Tussenwerpsels.] Vala i-suitcase.

*Mnr die Speaker, in bykans elke koerant wat 'n mens vandag oopmaak, is daar een of ander vorm van misdaad - moord, en so meer. Dit maak 'n mens seer dat jy, selfs as jy een van die nuusblaaie oopmaak wat gratis van deur tot deur afgelewer word, sien dat daar oor moord berig word. 'n Mens hoor gedurig hulpkrete om beskerming van moeders en kinders. Soveel groepe het die strate ingevaar om beswaar te maak teen die geweld en teen die mishandeling van kinders. Dit is 'n lys van misdade wat oor die afgelope paar jaar na vore gekom het.

Minister na Minister het egter gekom en 'n mens het gehoor hoe hulle s dat hulle oorlog teen misdaad verklaar. Dit het le woorde geword. Selfs die agb lid mnr McKenzie, toe hy Minister van Polisiediens was, het baie dapper na vore getree en oorlog teen misdaad verklaar. Toe die nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit die amp aanvaar het, het hy ook oorlog teen misdaad verklaar, maar tot dusver het niks daarvan gekom nie. Ons probeer om oplossings te kry, maar bykans alle oplossings het misluk.

Mnr die Speaker, ons kyk na die kerk. Ek beskuldig kerkmense en vra wat van die stem van die kerk geword het. Dit lyk vir my asof die stem van die kerk ook stil geword het, maar die kerk het ook sy rol daarin vervul. Hulle praat van die foute van die kerk. Ek hoop die foute van die kerk sit in Pollsmoor. Die foute van die onderwyser en die kerk sit in Pollsmoor, en die foute van die dokter l in die begraafplaas.

Mnr die Speaker, my kollega is korrek as hy s dat die Staat ons in die steek gelaat het, want die Staat het sy plig en verantwoordelikheid versaak, terwyl Die Bybel ons leer dat 'n oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand gegee moet word.

*Mnr M OZINSKY: Dit was apartheid.

*Mnr N M ISAACS: Luister net daarna! [Tussenwerpsels.] Dit is wat 'n mens hoor. Die oomblik as die uitdaging daar is, begin hulle om 'n ander naam daaraan te gee. Dan begin hulle om dit anders in te kleur, en hulle s: "Dit is apartheid! Dit is apartheid!" Ek praat ter ondersteuning van die voorstel van die agb lid mnr Byneveldt, en hy is 'n man van die kerk. Hy is 'n godsman. Nou kom hulle en s daardie Bybel wat ons lees, is 'n apartheid-Bybel. Nee, die agb lid mnr Ozinsky was verkeerd.

Dit kan dalk teen daardie agb lid se partybeleid wees, maar kom ons laat dit daar; dit staan in Die Bybel - 'n oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand. As ons dit nie as maatstaf teen misdaad gebruik nie, dan het ons misluk. Daar is hoegenaamd geen wyse waarop hulle misdaad anders kan inklee nie; misdaad moet gestraf word, maar dit lyk vir my asof die agb lid saamstem dat misdaad lonend is wanneer dit by sekere mense kom.

Mnr die Speaker, een van die grootste euwels wat ons getref het, en een van die grootste euwels waaroor ons moet besin en waarop ons moet ingaan, is waar ons ons die waardes en respek vir mekaar verloor het. Daar is nie meer respek vir lewe nie ...

*Me T ESSOP: Voor 1994.

*Mnr N M ISAACS: Ja, voor 1994 was daar respek, want ons het die mense gehang. [Tussenwerpsels.]

Die punt is dat daardie agb lede diegene was wat die strate ingevaar het; hulle was diegene wat alles afgekraak het wat goed was; hulle was diegene wat op straat gestaan het; en hulle was diegene wat die kinders mislei het. [Tussenwerpsels.] Dit is lekker.

*Me T ESSOP: Dink u dat dit goed was om kinders in die townships dood te maak?

*Mnr M OZINSKY: Om dwelms aan bendelede te gee! [Tussenwerpsels.]

*Me T ESSOP: Dit was 1995 in Mitchells Plain. [Tussenwerpsels.]

Mnr P J MARAIS: Die kindertoelae was daar! [Tussenwerpsels.]

Mnr N M ISAACS: Moenie nou daarmee kom nie. [Tussenwerpsels.] Hulle het gekom, en daardie selfde kinders wat die lid van Juda van praat, is die kinders wat opgesweep is teen ... [Tussenwerpsels.] Hallo! Die kinders is opgesweep teen dissipline; hulle is opgesweep teen alles wat daar is, want alles word afgekraak. En toe weet hulle nie dat hulle besig was om 'n tier op te saal nie! En noudat hulle van die tier afgeval het en die tier aan hulle begin vreet, blameer hulle apartheid vir alles.

Mnr die Speaker, daar is nog 'n groter probleem, maar ek hoor nie dat hulle daarvan praat nie. Ek het uit vertroulike bronne verneem dat daar so 'n verskil tussen Polisie en Justisie bestaan. Die Polisie beweeg in 'n een rigting en Justisie in 'n ander rigting.

Me T ESSOP: En mnr Wiley in 'n heeltemal ander rigting! [Gelag.] [Tussenwerpsels.]

Mnr N M ISAACS: En Steve Tshwete met sy donkerbril sien niks! [Gelag.] Die gevolg is dat elkeen sy eie manier het van dinge doen. Bring die polisieman 'n aangeklaagde voor die landdroshof, besluit Justisie, nee, hy kry borgtog.

*Mnr P J MARAIS: Geregtigheid is blind!

Mnr N M ISAACS: Nee, geregtigheid dra 'n donkerbril! [Tussenwerpsels.] Dit is waar ons probleem l. Die polisie dra die voorraad van 'n sjebien uit, en wanneer die beskuldigde die volgende dag voor die hof kom, besluit die landdros hy kan nie op daardie klomp drank beslag l nie, en moet die polisie dit terugneem. Dit is oor en oor vir ons bewys dat die hoogste misdaadsyfers rondom sjebiens voorkom. Maar toe Chris Nissen die verantwoordelike Minister was, het hy by die sjebiens omgegaan en dranklisensies beloof. [Tussenwerpsels.] 

Me T ESSOP: Ai, jinne!

Mnr N M ISAACS: Ja, ai jinne! Die agb lid me Essop weet nie wat aangaan nie. By elkeen wat hy gekom het, het hy 'n tavernelisensie beloof. En hy het nie besef dat hy besig was om die maatskaplike onderbou van ons mense te vernietig nie. Hulle wil goedhartig wees, want hulle wil stemme wen. Waar is die stemme vandag wat hulle in Malmesbury gewen het? Dit is die groot probleem waarmee ons te kampe het.
Mnr die Speaker, ek wil die agb lid mnr Byneveldt vra of hy saamstem dat ons as 'n Huis maatrels moet opstel om die misdaadsituasie aan te spreek. [Tyd verstreke.]

Mnr M L FRANSMAN: Mnr die Speaker, misdaad vier hoogty, Wes-Kapenaars leef in vrees, mense is onseker oor wat die toekoms inhou, en baie vra vrae oor die moontlikheid of die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning in die Wes-Kaap misdaad en geweld werklik kan hokslaan.

Wes-Kapenaars is moeg daarvan om in vrees te leef. Hulle is moeg om in 'n nuwe Suid-Afrika steeds in 'n gevangenis te leef. Solank die kinders op die Kaapse Vlakte, die kinders in die townships en die kinders op die plase nie sonder vrees skool toe hoef te gaan nie, solank die kinders nie sonder vrees speelparke toe gaan nie en solank moeders wonder oor of hul kinders of mans veilig huis toe sal kom, kan ons nie praat van werklike vryheid nie. Baie agb lede van die Huis - nie almal nie - het geveg vir bevryding en vir vrede, soos uitgespel in die Vryheidsmanifes. Gevolglik moet almal vir wie ons nuutgevonde demokrasie na aan die hart l, nie sluimer of slaap terwyl die Kaap brand, terwyl 'n moeder trane van hartseer moet wegvee, terwyl 'n vader met stilswye saggies ween of terwyl 'n boetie of sussie vra, "Waar is Mamma?", of, "Waar is Pappa?", nie.

Naderende ondersoek ten opsigte van statistiek toon dat die meeste voorvalle van misdaad en geweld in die agtergelate gebiede van die Wes-Kaap voorkom. Ja, inderdaad in die gebiede waar bruin- en swartmense woon. Is dit per toeval, of is dit kentekend van die gewelddadige karakter van hierdie "nie-mens" soos Marike de Klerk bruinmense destyds op 'n NP-teepartytjie geklassifiseer het? Is dit per toeval dat wit woonbuurte grotendeels gevalle van "petty crime" ervaar? Ek weet misdaad en geweld ken geen kleur nie, maar mens wonder watter maatrels getref sou word as daar 'n plaag van misdaad en geweld in wit gebiede sou wees, soos tans op die Kaapse Vlakte ervaar word.

Studies toon 'n direkte korrelasie tussen armoede en sosiale euwels binne die samelewing. Die verdeling van bronne om misdaad te bekamp, is ook totaal onegalig. Daar is meer polisie-personeel, voertuie en geboue in die bevoordeelde gebiede en baie min in die agtergelate gemeenskappe.

Die ANC verwerp die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning se voortdurende stelling in die media en in die Huis dat sy hande afgekap is, dat hy geen magte het nie en dat die nasionale Regering te blameer is vir die tekort aan bronne en vir die ho misdaad- en geweldsyfers. Die interessantste van alles is dat die agb lede mnre Marais en Isaacs ook in dieselfde strik van blameer en kla getrap het. Dit is baie interessant - en ek wil amper s dit is jammer - dat wanneer die agb lid mnr Marais onsin praat, hy die tipe ondersteuning van sy wit broeders en susters aan daardie kant van die Huis kry, maar wanneer hy wel van die euwels en probleme in sy party praat, skud hulle hom 'n bietjie. [Tussenwerpsels.]

Meneer, hoeveel Solomon Mahlangu's moet nog die doodstraf kry en agterna word dit gevind dit was slegs om vir vrede en regverdigheid te veg? Terwyl die agb Minister ander blameer en kla is dit die ANC-leiers wat in die geweldsgeteisterde gebiede moet ingaan en die slagoffers van geweld ondersteun, en wat moet help dat die afgestorwe geliefdes se laaste tre na die graf met waardigheid geskied.

Die agb Minister moet ophou om goedkoop politiek te maak uit die dood en hartseer van bruinmense op die Kaapse Vlakte. Dit is baie duidelik dat wanneer 'n witkind in die Wes-Kaap verdwyn, daar skielik genoeg politieke wil en genoeg druk van die agb Minister se Kantoor is om die misdadigers te laat boet, maar wanneer 'n bruinkind dit oorkom, is daar nie genoeg polisiepersoneel nie. Of strook hierdie tipe houding van hom met dit wat me Marike de Klerk van bruinmense ges het? Is die agb Minister se houding dat die geween of hulpkreet van 'n bruin persoon op die Kaapse Vlakte nie die geween van 'n mens is nie?

Laat ek dit duidelik maak aan die agb Minister. Soos die ANC haarself verbind het om apartheid te laat val, so sal ons en het ons ons verbind om die Nuwe NP/DP-regering se skynheiligheid en rassisme aan die mense van die Wes-Kaap uit te wys. [Tussenwerpsels.]

Ek wil nou praat oor misdaad op die platteland. Weens suksesvolle operasies, soos Operasie Goeie Hoop, genisieer deur die nasionale Regering, ... [Tussenwerpsels.] ... word die wreld nou vir misdadigers te klein in die Kaapse Metropool. Ons neem tans 'n tendens waar dat godvresende plattelandse gemeenskappe die teiken word van georganiseerde misdaad van bende-aktiwiteite en dwelmhandelary. Ek dink aan Bredasdorp, Vredendal, Clanwilliam, Hopefield en ander dorpe wat die teiken van sodanige euwels geword het. Mense se HOP-huise word onder hulle uitverkoop deur hierdie handelaars, kinders raak opgevang in die web van goedkoop dwelms en die jeug op die dorpe begin hulself in bendes organiseer.

Die ANC in die Wes-Kaap doen 'n dringende beroep op die topbestuur van die Polisiediens - let wel, nie op die agb Minister nie, want hy kan, sal en wil niks doen nie - om stappe in plek te plaas deur gefokusde operasies op die Kaapse Vlakte veiliger te maak; om die herallokering van bronne, soos die agb lid mnr Byneveldt ges het, na die misdaadgeteisterde gebiede te verseker; en om 'n dringende implementeringsplan te verseker om na die impak van dwelmhandelary op die platteland te kyk en om nood-meganismes te vind om dit aan te spreek. Die mense eis nie net zero-toleransie in die wit gebiede nie, maar ons eis zero-toleransie in alle gebiede, veral op die Kaapse Vlakte.

Die agb lid mnr N M Isaacs gebruik die Bybel om die doodstraf te regverdig. Hy praat van dinge wat goed was. Die enigste dinge wat goed was in die verlede is omdat hy, die agb lid mnr Marais en andere 'n geldpakkie ontvang het vir hul deelname aan die Raad van Verteenwoordigers in die driekamer-Parlement ... [Tussenwerpsels.] ... in ruil vir hul siele, beginsels en hul mense.

Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, die laaste spreker het gevra of die Minister die vermo het om misdaad in die provinsie hok te slaan. Die antwoord is 'n onomwonde nee, dit is nie vir 'n enkele persoon in hierdie land moontlik om misdaad hok te slaan nie. Enige persoon of politieke party - ongeag of dit die ANC, die Nuwe NP of die DP is - wat s dat hulle eiehandig misdaad in die provinsie kan hokslaan, is besig om met koppe te smokkel en die mense te mislei. As politieke partye en die mense wat betrokke is by misdaadbekamping nie die samewerking van die gemeenskap het nie, sal daar nooit 'n oorwinning wees nie.

Mnr die Speaker, ek verwelkom dus hierdie onderwerp vir bespreking. Ek wil die agb lid mnr Byneveldt opreg bedank dat hy dit op die Ordelys geplaas het. Ek is egter baie jammer dat hy die geleentheid misbruik het. Wat op die Kaapse Vlakte plaasvind, is 'n absoluut skandalige tragedie vir die land. [Tussenwerpsels.] Dit is 'n absoluut tragedie vir die land, maar dit is 'n dubbele tragedie omdat die agb lede aan daardie kant van die Huis daarvan misbruik maak.

Toe ek 'n jong man was, moes ek boeke lees oor die revolusionre oorlog, en so meer. Ek het onder andere 'n boek gelees, getiteld, The War of the Flea, wat deur Carlos Marigelo geskryf is. [Tussenwerpsels.] Carlos Marigelo was in Suid-Amerika 'n revolusionr in die Che Guevara-era. In sy boek skryf hy dat 'n mens die emosies van die bevolking moet wen en hulle aan jou kant moet kry. Hy s een van die maniere om die mense se emosies te wen, is om gebruik te maak van tragedies en veral van begrafnisse. 

Mnr die Speaker, ek gaan nie tot die vlak van daardie kant van die Huis daal om te s hoeveel liggame ek gesien het en by hoeveel families ek was nie. Agb lede aan daardie kant van die Huis weet presies hoeveel kere ek daar was. [Tussenwerpsels.] Hulle weet presies hoeveel keer ek oproepe laat in die aand ontvang het met 'n versoek om hulp, en ek het sonder lyfwagte ... [Tussenwerpsels.] ... en sonder enige probleem daarheen gegaan. Ek gaan nie tot die vlak van daardie agb lede daal en daarop antwoord nie.

Wat ek wel wil s, is dat dit, elke keer wat 'n persoon sterf soos Amelia Jansen en Bianca Gosh sterf het terwyl ons in hierdie Huis speletjies speel, so goed is asof ons self die sneller getrek het. Ons moet ... [Tussenwerpsels.] Met alle respek teenoor die agb lede mnre Byneveldt en Fransman, ons moet ons mag gebruik - en ons het baie mag. Ek het nooit ges my hande is afgekap nie; ander mense s dit. Ek doen verskriklik baie goed. [Tussenwerpsels.] Ek betaal ongelukkig nie die polisie nie en ek stel hulle nie aan nie, maar dit is nie die punt nie. Daar is baie ander goed wat ons doen. 

Mnr die Speaker, ek wil met alle respek aan die agb lid mnr Fransman s as ons nie saamstaan nie, gaan ons aan die moorde en verkragtings skuldig wees.

Die Departement van Veiligheid en Sekuriteit se begroting word Donderdag in die Nasionale Vergadering voorgel. Ek hoop dat al daardie agb lede na die Nasionale Vergadering sal gaan om te luister na wat die nasionale Minister te s het oor misdaad en hoe hy dit landwyd gaan bekamp. Voordat agb lede my of my familie of my kollegas hier op 'n manier beswadder, moet hulle eers gaan luister na wat die persoon s wat vir die bekamping van misdaad in hierdie land verantwoordelik is. Ek kan klaar vir agb lede vertel hoe die algemene prentjie daar uitsien.

Die nasionale Regering het die totale Begroting van die Polisie in hierdie land, wat R14,5 miljard beloop ... [Tussenwerpsels.] Dit is 'n feitelike situasie. Die totale Polisiebegroting ... [Tussenwerpsels.] ... vir die land beloop op die oomblik R14,5 miljard. Volgens die nasionale Minister van Finansies gaan dit gewysig word - hopelik is dit nou gewysig, en ek bid dat dit gewysig is. Volgens die nasionale Minister van Finansies gaan die Polisiebegroting met tussen 7% en 8% verhoog word, plus 'n addisionele bedrag van R1,1 miljard wat oor twee boekjare versprei gaan word, gaan toegeken word. Dit moet onder andere ook die diensvoordele van die polisie insluit.

Mnr die Speaker, ons kan self die somme uitwerk. 'n Verhoging in die Polisiebegroting van 8%, plus R1,1 miljard oor twee boekjare versprei, teenoor 'n totale begroting van R14,5 miljard, is nie 'n begroting wat misdaad in die land kan bekamp nie, veral nie as ons in ag neem dat ons 'n tekort van derduisende polisiemanne het wat aangestel moet word om die agterstand in te haal nie. 

Ek is baie dankbaar dat die Polisiediens vanjaar 2 500 rekrute in die veld gaan instuur. Die feit dat die Wes-Kaap net 180 van daardie 2 500 rekrute kry, is op sigself 'n besprekingspunt. Daar kan wel gevra word: waarom kry ons net 180 van die 2 500 rekrute? Maar kom ons laat dit net daar.

*Mnr die Speaker, die natuurlike verminderingskoers van die polisie in die SAPD is op die oomblik tussen 6 000 en 8 000 per jaar, maar ons gaan slegs 2 500 werf. Tans is daar 127 000 lede in die SAPD, met inbegrip van burgerlikes. 'n Mens moet dus 20% van die 127 000 aftrek, en 10% tot 12% vir senior kantoorpersoneel wat nooit in die veld optree nie, omdat hulle bestuurstake verrig. 'n Mens moet ook 30 000 ongeletterde polisiemanne aftrek, of dit moet op die helfte van daardie syfer gestel word. Met die grootste respek, uiteindelik kan ongeletterde mense nie alleen in die veld geplaas word nie, want hulle kan nie verklarings afl nie, hulle kan nie berigte oor die foon afneem nie, hulle kan nie skryf nie en hulle kan nie 'n motorvoertuig bestuur nie. Hulle moet altyd 'n ander polisieman vergesel. Daarbenewens moet al die speurders, al die intelligensielede en al die lede van die spesiale magte van di getal afgetrek word. Uiteindelik is die totale polisie-mannekrag van hierdie land om en by 55 000 tot 60 000 lede. Kom ons neem die groter getal en deel 60 000 polisielede in 'n totale bevolking van ten minste 45 miljoen, dan is Suid-Afrika een van die swakste gepolisirde lande ter wreld.

Terwyl ons daaroor praat, kom ons bring dit terug na die Wes-Kaap. Die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme het na die kultuur van bendebedrywighede in die provinsie verwys. Ons het tussen 80 000 en 100 000 gedentifiseerde bendelede in die provinsie. Dit is nogal 'n groot ler en hulle is goed bewapen, en het 'n kultuur wat oor 'n periode van 150 jaar gevestig is. Hulle is ongelooflik gewelddadig. Baie agb lede ken van hulle. [Tussenwerpsels.] Ons ken almal 'n paar van hulle.

Mnr die Speaker, ek het 'n dokument hier wat baie van die name van die betrokkenes bevat en die areas waar hulle bedrywig is. Die polisie weet baie goed wie hulle is. Maar dit is makliker om stedelike terroriste vas te vat as wat dit is om bendelede vas te dit. Dit is baie moeiliker om bendelede vas te vat. 

Die Wapenwet, onder andere, is ook natuurlik baie belangrik. [Tussenwerpsels.] Asseblief, baie van die goed wat in die Wapenwet opgeneem is, het ek voorgestel. Ek stem nie heeltemal saam met baie van die klousules ... [Tussenwerpsels.] ... wat in die Wet opgeneem is oor hoe dit vasgevat moet word nie. Maar die punt is ... [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde!

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek dink die agb lede moet die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning die geleentheid gee om repliek te lewer. Hulle lewer weer deurlopend kommentaar; dit is nou sy spreekbeurt.

Die SPEAKER: Orde! Ek dink die Hoofsweep het 'n punt. Ons moet die agb Minister toelaat om sy saak te stel.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, die feit van die saak is dat Suid-Afrika op die oomblik - en ek s nie die land sleg nie - 'n geweldige transformasieproses deurgaan. Dit het ons uiters kwesbaar gemaak. Die Regering het 'n verkeerde besluit geneem, en daardie verkeerde besluit was om die getalle in die Polisiediens toe te laat om van 200 000 te daal tot sy huidige vlak van 127 000. Enige samelewing in oorgang raak kwesbaar.

Ek het geen probleem met baie van die bepalings in die nasionale Grondwet nie. Die menseregtekultuur waarvan die agb lid mnr Lewis praat, is geweldig belangrik, maar daar is twee en 'n half bladsye wat die regte van die misdadiger beskerm en nie een bepaling beskerm die regte van die onskuldige nie.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Ek wil graag die bepaling in die Grondwet gewys word wat die regte van die slagoffer beskerm, maar daar is baie bepalings wat die regte van die misdadiger beskerm. Die punt is, aan die een kant word geen verdraagsaamheid vereis - en party van die agb lede het vir geen verdraagsaamheid gevra.

*Mnr S E BYNEVELDT: U het heeltemal goed gevaar totdat u begin het om die Grondwet skeef voor te hou.

*Die MINISTER: Geen verdraagsaamheid word gebou op sigbare polisiring - en dit is waaraan agb lede moet aandag gee. Sigbare polisiring beteken dat 'n mens polisiebeamptes op patrollie moet h om geen verdraagsaamheid toe te pas. Dit kan nie gedoen word as daar net een of twee polisiebeamptes is wat in 'n voertuig verby ry nie. Geen verdraagsaamheid kan nie onder daardie omstandighede toegepas word nie.

Mnr die Speaker, dit is waarom die punt wat die agb lid mnr Marais gemaak het ten opsigte van die unistad en munisipale polisiring so geldig is, want dit is die enigste meganisme wat oorbly as die Regering nie bereid is om sy rol te vervul om 'n veilige en beskutte omgewing te handhaaf nie - en dit, mag ek s, is in die Grondwet verskans. As die Regering nie bereid is om dit te doen nie, is die enigste ander uitweg om die mense dubbel te belas en munisipale polisiring daar te stel. Maar hulle het ... [Tussenwerpsels.] Maar dit is die tragedie! Op die oomblik is dit die tragedie.

Wat doen ons in die Provinsie op die oomblik - wat die Sentrale Regering nie op die oomblik doen nie, want, soos agb lede weet, hulle is verantwoordelik vir die ontplooiing van magte - en ek beskik oor die statistieke van watter polisiekantore oor watter persentasie beskik ...

*Me T ESSOP: Ons het dit aan u gegee.

*Die MINISTER: Nee, daardie agb lede het dit nie aan my gegee nie; ek kry niks van hulle nie, met respek. [Tussenwerpsels.] Nie eens 'n glimlag nie!

Ek kan aan agb lede die statistiese uiteensetting verskaf van die persentasie waarmee polisiekantore tans onder sterkte is. Weet agb lede dat die Khayelitsha Polisiekantoor tans die enigste polisiekantoor in die provinsie is, met die uitsondering van die Guguletu Polisiekantoor, wat 12% oor sterkte is? Die Guguletu Polisiekantoor is omtrent 5% oor sterkte.

*Mnr C M DUGMORE: En voertuie?

*Die MINISTER: Dieselfde persentasies geld vir voertuie. Hulle het meer as hul billike deel van voertuie in verhouding tot ander kantore. Sedert ons byvoorbeeld laas oor die Muizenberg Polisiekantoor gepraat het, het dit tot 60% onder sterkte gedaal.

Toe ek my Begrotingsrede gelewer het, was daar 21 polisiekantore wat nie 'n 24-uur-diens verskaf het nie. Ons het nou 25 polisiekantore wat nie 'n 24-uur-diens verskaf nie. Aan die einde van die skof maak hulle die deure toe. Die dienskantoor word gesluit en die mense gaan huis toe. As ons gelukkig is, is daar een persoon beskikbaar, maar hy gaan huis toe, neem sy selfoon saam en los 'n nota op die deur, "In the event of an emergency, phone the following number". As iemand hom by die huis skakel, moet hy die misdaad gaan ondersoek.

*Me T ESSOP: Watter aanbevelings het u daaromtrent gemaak? [Tussenwerpsels.]

Die MINISTER: Dit het niks met politiek te doen nie. Dit het alles te doen met die realiteit van die situasie.

*Me T ESSOP: Die Grondwet bepaal dat u 'n aanbeveling moet maak.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, laat ek aan die agb lid me Essop, met respek, s dat ons redelik ernstig hieroor moet wees. Die polisie was geweldig suksesvol ten opsigte van die bestryding van stedelike terreur, en ek lig my hoed vir die wyse waarop hulle dit gedoen het. [Tussenwerpsels.] Nee, nie die nasionale toedrag van sake nie.

Wat gebeur het, was dat daar 'n bietjie beperkte finansiering was nadat ons geskop en geskreeu het. Ek en die agb lid mnr Marais moes die President van hierdie land gaan spreek om ons saak so sterk as moontlik te stel, want hulle wou dit nie ernstig opneem nie. Eers nadat ons die toedrag van sake aan hulle uitgewys het en 'n paar bomme in Lenasia afgegaan het, het hulle skielik besef dat dit nie 'n Wes-Kaapse situasie was nie. Die NAI het toe betrokke geraak, want hulle was vasgevat, en daarna is die nasionale Regering by die hele storie ingesleep. Maar kom ons laat dit daar. Die nasionale Regering het 'n bietjie geld gegee, maar dit was 'n provinsiaal-gedrewe operasie. Hulle het baie groot sukses behaal.

Die polisie het ook baie sukses behaal na die dood van die kinders op die Kaapse Vlakte. In ongeveer 80% van die voorvalle wat onlangs plaasgevind het, is misdadigers vasgetrek. Die Gosh- en Jansen-geval is een van daardie gevalle. Ek het die volledige naamlys van mense wat in hegtenis geneem is. Die polisie het uitstekende werk verrig, maar die tragedie van die saak is dat dit alles reaktief is. Die kinders moet eers sterf voordat die polisie daarop fokus, want hulle neem dit baie ernstig op.

Ek haal my hoed af vir die polisie, want baie speurders in die Ernstige Misdaadeenheid, veral in die Wes-Kaap, dra die verantwoordelikheid van 60 tot 80 dossiere. As daar vandag 'n moord in Engeland plaasvind, word 12 speurders in die saak aangestel. In Suid-Afrika is een enkele speurder verantwoordelik vir 60 tot 80 dossiere. By baie polisiestasies is polisiemanne, wat nie behoorlik as speurders opgelei is nie, vir tot 100 dossiere per persoon verantwoordelik. Dit is absoluut onmenslik om met so 'n situasie voort te gaan.

Ek vra agb lede beleefd om Donderdag op die galery in die Nasionale Vergadering te gaan sit. Hulle moet gaan luister na wat die nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit s hy beoog om die situasie op te los. Ek verseker hulle dat ek alles in die stryd sal werp om hom te ondersteun. Ek kom baie goed met hom oor die weg. Die feit van die saak is dat sy Kabinet hom nie ondersteun nie. 'n Mens neem dit tans waar in die regstelsel, die Korrektiewe Dienstestelsel, die polisie en in welsyn.

Ek hoef nie te herhaal, soos ek onlangs in my Begrotingsrede gedoen het, wat my departement alles doen nie. Agb lede weet daarvan. Ek wil egter drie dinge noem wat bo-aan die lys is. Op 29 Mei 2000 verskuif ek die opleiding van GPOs na Oudtshoorn. In plaas daarvan om hulle op te lei in sessies van 50, word hulle opgelei in sessies van 200. Dit is basiese opleiding. Die tydperk van opleiding is verleng van ses weke tot agt weke sodat hulle beter opleiding kan ontvang. Die konstabels daar gaan hel kry, want ek soek die beste moontlike konstabels wat ons kan kry vir die R800 000 wat ons aan hulle gaan spandeer. Hulle gaan baie goeie konstabels wees.

Weet agb lede dat die konstabels wat ons oor die afgelope jaar ontplooi het, misdaad in daardie gebiede met gemiddeld 29% verlaag het? Ons moet vir hulle s, "Manne, julle doen goeie werk", maar waar is daardie agb lede wanneer dit plaasvind? [Tussenwerpsels.]

Met alle respek, die agb lid mnr Fransman het sy spreekbeurt gehad. Maar hy prys nie die polisie nie, hy ondermyn hulle. [Tussenwerpsels.] Met respek, toe die Albertinia-geval plaasgevind het, waar die boer oor die werker gery het, ongeag die meriete of demeriete daarvan, was die ANC onmiddellik daar en hul leier hier het onmiddellik ges daar is rassistiese polisie. Ek het onmiddellik een van my amptenare daarheen gestuur. Ek het glad nie ingemeng nie.

Mnr C M DUGMORE: Jy het gevra vir 'n ondersoek.

Die MINISTER: Toe kom die verslag van my departement terug en dit word aan die departementshoof gegee. Die bevinding was dat die polisie flink en wakker opgetree het. Die rede waarom dit drie dae geneem het om die man te arresteer, was omdat daar niemand beskikbaar was om die arrestasie uit te voer nie. [Tussenwerpsels.] Die man is toe gearresteer. [Tussenwerpsels.] Die ondersoekbeampte was buite sy area vir twee dae, en op die derde dag het hy teruggekom en is die man gearresteer. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Die MINISTER: Mnr die Speaker, dankie. Die bevinding was dat die polisie wel korrek opgetree het.

Mnr C M DUGMORE: Hoekom was hy nie aangery in 'n vangwa nie? [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Die MINISTER: Waarvan praat daardie agb lid? [Tussenwerpsels.] Asseblief, die man was beseer. Twee dae later het hy 'n klag gel, nadat hy reeds in die hospitaal was. Die polisie was eers in kennis gestel toe die pers daarmee uitgekom het, en die ANC het 'n bohaai daarvan gemaak. Hoe op aarde kan die polisie die mense vanaf die toneel na die hospitaal aanry? Kom ons laat dit daar. [Tussenwerpsels.]

Die feit van die saak is die ondermyning deur die ANC, en dit is die probleem. Hulle noem die polisie rassisties. Dit is bewys deur 'n onafhanklike verslag dat hulle nie rassisties was nie en dat hulle korrek opgetree het. Dink agb lede dat die man wat daar sit sy woorde teruggetrek het? Hy wou eerder die polisie beswadder. [Tussenwerpsels.] Kom ons laat dit daar en praat oor ander dinge.

In die weeklikse verslae wat ek ontvang, kry ek ook 'n intelligensieverslag van al die gebeurtenisse wat in die komende week gaan plaasvind. Ek word ingelig van die optogte en stakings wat gaan plaasvind. Een ding loop soos 'n goue draad deur die verslae. Twee of drie keer elke week is die ANC of sy front-organisasies besig, natuurlik met hul grondwetlike reg, met stakings en optogte. Kan hulle nie verstaan dat elke keer as hulle dit doen, moet die polisie daar wees om die optogte te begelei nie? In plaas daarvan dat hulle op die Vlakte misdaad bekamp, is die polisie noodgedwonge besig om daardie mense se sogenaamde grondwetlike regte te beskerm. [Tussenwerpsels.] Daardie agb lid moet nie s dit is nie waar nie; dit is waar!

*Die regulasies van die polisie bepaal dat indien 'n optog plaasvind, of indien daar 'n staking is, daar genoeg polisieteenwoordigheid moet wees. Dit is die regulasie. Verstaan daardie agb lede nie dat hulle die reeds swak toedrag van sake veel meer verswak nie? As hulle 'n positiewe rol gaan speel, versoek ek hulle om asseblief hieroor te dink. Kom ons neem die Wes-Kaapse Teenmisdaadforum as 'n voorbeeld. Deesdae maak hulle bewerings dat ek nie met hulle wil saamwerk nie. Ek het vir hulle 'n tjek van R60 000 gegee, maar hulle s toe ek wil nie met hulle saamwerk nie. Hulle kan maar voortgaan met daardie beweringe.

Ek het besluit om self buurtwagte op te lei, deur my departement. Aan die einde van hierdie maand sal ek, vir die eerste maal in hierdie land, 200 buurtwagkordineerders van regoor hierdie provinsie in 'n inwoonkursus van 'n week opneem en ons sal self die opleiding aanbied, saam met die polisie, teen 'n aansienlik verminderde prys in vergelyking met die vorige onkoste. Ons sal 200 buurtwagte oplei. Soos agb lede goed weet, sal ons aan die begin van Junie begin om die jong mans op te lei om te probeer om hulle weg te lei daarvan om by bendebedrywighede betrokke te raak.

As gemeenskapsleiers het daardie agb lede die vermo om daardie mense te benvloed om die kursus te volg. Ek smeek hulle om te sorg dat die 16- tot 20-jarige mans toustaan om daardie kursus te volg, sodat hulle verhoed kan word om by bendes aan te sluit. As agb lede dink dat die kursus nie goed genoeg is nie, moet hulle dit self kom evalueer. [Tussenwerpsels.]

Ek gaan nie op al die punte ingaan wat deur die onderskeie agb lede opgehaal is nie. Ek wil net s dat die bydrae wat met betrekking tot die rol van die SANW deur die agb lid mnr Marais gemaak is, 'n baie geldige bydrae is. Ek is ook baie bekommerd oor die verdere rol van die SANW. Daar is op die oomblik 'n tendens om hulle 'n groter rol te gee in die beveiliging van die land. Dit is definitief hul sekondre rol. In die eerste instansie is hul primre rol om die soewereiniteit van die land te beskerm. Die oomblik wat 'n land 'n weermag oorgebruik, oorspeel hy sy hand. Eerstens, die mense wat die land besoek, kry die indruk dat die land onder krygswet beheer word. Tweedens, die oomblik wat dit gedoen word - en ons het in elk geval tans te min bekwame weermaglede ...

Mnr M L FRANSMAN: Wat bekwaam is?

Die MINISTER: ... - en daar duik ernstige probleme op, wie moet dan opgeroep word om die situasie te stuit? Die land het dan nie die meganisme om mense op te roep nie, want die lede van die weermag is almal reeds in die land ontplooi. In daardie geval loop 'n regering dus 'n baie gevaarlike risiko. Ons moet eerder nog 50 000 polisielede aanstel om, in die eerste instansie die 30 000 ongeletterdes te vervang ...

Mnr M L FRANSMAN: Is ons Weermag onbekwaam?

Die MINISTER: Dit was van die bestes in die wreld. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde! Die agb Minister moet ook die Stoel aanspreek. Hy mag voortgaan.

Die MINISTER: Mnr die Speaker, dankie. Ek sal nou afsluit.

*Die agb lid mnr N M Isaacs het na die rol van die kerk en die onderwyser verwys. Dit is baie belangrik dat ons aanvaar dat as ons wel hierdie provinsie, of enige ander provinsie in die land, wil regruk, die kerke en die onderwysers 'n baie meer positiewe rol moet speel. Ons moet die mense van die kerkgenootskappe, of, as alternatief, die onderwysprofessie gebruik. Ongelukkig is die aanduidings op die oomblik dat ons steeds nie ons les geleer het ten opsigte van "Liberation before Education" nie. Ons het nog steeds nie hierdie les geleer nie. Ek wil pleit dat ons aan onderwysers die volle status verleen wat hulle toegelaat moet word om te geniet as opvoeders van die mense in hulle gesonde omgewing.

Om dit te laat gebeur, moet die mense wat veronderstel is om die leiers van die gemeenskap te wees egter 'n meer positiewe rol vervul. Ek versoek daardie agb lede, veral aan die ander kant van die Huis omdat ek weet dat ek die steun van agb lede aan hierdie kant van die Huis het, om in hierdie opsig 'n meer positiewe rol te vervul.

Wat die mense daar buite nie noodwendig weet nie, is dat die ANC 'n verklaarde beleid het, wat onder alle polisiekantore versprei is, asook in eie geledere, om GPFs oor te neem. Hulle beheer reeds die meeste van die GPFs in hierdie provinsie. Met respek teenoor die agb lid mnr Byneveldt, ...

*Mnr C M DUGMORE: Ons lede is aktief. Daar is niks daarmee verkeerd nie.

*Die MINISTER: Ek betaal nogal baie geld aan die GPFs ten opsigte van projekte, ... [Tussenwerpsels.] ... maar dit is verbasend, en ek het die statistieke hier, dat waar die ANC ook al beheer van 'n GPF oorgeneem het, hulle begin het om dit te verpolitiseer. [Tussenwerpsels.] Die traumakamers word nie meer gebruik nie, die tronke word nie meer geverf nie en hulle hou op om fondse vir projekte vir die gemeenskap aan te vra. Al wat hulle doen, is om ons te kritiseer.

*Mnr C M DUGMORE: Noem een GPF waar dit gebeur het.

*Die MINISTER: Ravensmead. Na Bianca Gosh vermoor is, asook Cecilia Jansen, ...

'n AGB LID: Amelia.

Die MINISTER: Amelia Jansen. Ek bedank die agb lid vir die regstelling. Nadat sy vermoor is, het die voorsitter of ondervoorsitter van daardie GPF, wat toevallig 'n uitvoerende lid van die ANC is, 'n projek genaamd Veiliger Strate in die lewe geroep. Dit is baie lofwaardig. Ek gee my volle steun daaraan, bloot op grond van die naam. Weet agb lede wat die enkele mandaat daarvan is? Om die Provinsiale Regering rekenpligtig te hou omdat hulle nie die Wes-Kaap veilig en beskut maak nie. Wat 'n skandalige misleiding van die publiek!

Indien, aan die ander kant, hulle na vore kom met projekte ten opsigte van veiliger strate, sou ek hulle ten bedrae van duisende rand befonds, maar al wat hulle wil doen, is om die mense verkeerd in te lig. Terloops, dit was die ander been van Carlos Marigelo. Hy het, net soos Goebbels, ges dat indien 'n mens 'n leuen dikwels genoeg of soveel maal as moontlik vertel, mense jou gou genoeg sou glo. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Dit beindig die debat oor die Onderwerp van Bespreking. Die agb lid mnr Byneveldt het ongelukkig in sy toespraak vandag iets gedoen wat ek dadelik in die kiem moet smoor. Dit is iets wat ons lanklaas ondervind het, maar nie kan toelaat nie. Beslissings van die Speaker, Adjunkspeaker of enige voorsittende beampte mag nie gekritiseer word sonder dat 'n voorstel ingedien word of 'n punt van orde gestel word, waarop vir 'n beter beslissing gevra kan word nie.

Die agb lid mnr Byneveldt het selektief aangehaal uit korrespondensie wat ek met hom gehad het. Hy het 'n debat aangevra wat verskil in inhoud van dit wat ons vandag voor die Huis het. Ek het die korrespondensie hier. Dit lees soos volg, en ek haal aan:

You are hereby requested, in terms of Rule 119, to convene the House for a debate on a matter of urgent public importance concerning the recent execution-style killings in Elsies River, which is a clear demonstration of the lack of gun control measures.

Agb lede sal opmerk dat dit wat vandag voor die Huis dien, wel ooreenkom ten opsigte van die onlangse teregstellings, maar dit gaan ook wyer en hier in die aanvraag gaan dit ook oor wapenbeheer.

Die punt is egter dat die agb lid mnr Byneveldt in sy toespraak die beslissing van die Speaker bevraagteken het. Ter wille van duidelikheid gaan ek my antwoord van twee paragrawe aan hom voorlees en die saak daar laat, met die waarskuwing aan hom en aan enige ander agb lid dat ons die korrekte prosedure sal volg as ons ongelukkig is. Agb lede is baie welkom om dit te doen. Ek het soos volg aan die agb lid mnr Byneveldt geskryf:

My view is that the matter is indeed of a very topical nature which would justify some form of debate in the House. I am, however, of the opinion that the matter does not qualify, under Rule 119, as a matter of urgent public importance for which the House should specifically be reconvened. Although the House at this stage is scheduled to meet only on 23 May 2000, a strong possibility exists that the date will have to be advanced in view of the fact that urgent legislation may have to be passed before that time.

I am therefore of the opinion that you should try to arrange, through your Chief Whip, to have this particular matter debated by way of an ordinary private member's motion on the next sitting day. I will promote the matter with the Chief Whip to arrange for such a debate on such a motion.

Dit is dus baie duidelik dat die beskuldiging alleen kan wees dat die Speaker besluit het om nie dadelik die Huis byeen te roep nie, maar dat daar geen beskuldiging kan wees dat die Speaker nie hierdie saak as 'n belangrike saak beskou het nie en alles in sy vermo gedoen het om by die eerste geleentheid wat die Huis sit, wel die saak aan die orde te bring.

Ek laat die saak daar, en ek waarsku alle agb lede om nie toe te laat dat ons oor ernstige sake, ter wille, miskien, van politieke gewin of iets anders, speletjies speel met die Rels van die Huis nie. Die Huis verdaag nou tot 23 Mei 2000.

Die Huis verdaag om 17:10 tot Dinsdag, 23 Mei 2000.


AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE

AANKONDIGINGS:

Die Speaker:

Die lidmaatskap van Komitees was met ingang van 15 Mei 2000 soos volg:

1.	Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe:

	Lede

T Essop, J P Gelderblom, N M Isaacs, A Ismail (Voorsitter), M Ozinsky, D Silke, G R Strachan

Alternatiewe Lede

Finansies : R Williams

Ontwikkelingsbeplanning : R Williams

Weddenskappe : Y Gabru
	
2.	Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling:

Lede

M L Fransman, E Isaacs, R J King, M Louis (Voorsitter), P J Marais, L Ramatlakane, A Rossouw, G R Strachan, A R Winde

Alternatiewe Lede

	Ekonomiese Sake : T Essop, J P Gelderblom 

Landbou : N M Isaacs, J P Gelderblom, L Phike
		
	Eiendomsbestuur : N M Isaacs, A Ismail

Toerisme : J P Gelderblom, R Williams
	
	Publieke Werke : A Ismail, K A Mqulwana, A J Williams
			
	Vervoer : N M Isaacs, A Ismail, K A Mqulwana
			
3. Staande Komitee oor Owerheidsake en Gemeenskapsveiligheid:

Lede

S E Byneveldt, C M Dugmore, J P Gelderblom, N M Isaacs (Voorsitter), H A Lewis, P C McKenzie, D Silke, A J Williams

Alternatiewe Lede

Plaaslike Bestuur : A Ismail, R Williams
			
Behuising : P M Jacobs, N C Phenduka, A E van Zyl, A R Winde 
Gemeenskapsveiligheid : Z C Stali
			
4.	Staande Komitee oor Gesondheid, Maatskaplike Dienste, Kantoor van die Premier en Korporatiewe Dienste:

Lede

L Brown, E Isaacs, P M Jacobs, P J Marais, N C Phenduka, A E van Zyl (Voorsitter), A R Winde

Alternatiewe Lede

Gesondheid : E Rasool, D Silke
	
Maatskaplike Dienste : M G Vantura
	
Kantoor van die Premier : R J King, K A Mqulwana, M G Vantura
	
Korporatiewe Dienste : T Essop 

5.	Staande Komitee oor Onderwys, Omgewing- en Kultuursake:

Lede

Y Gabru, H A Lewis, K A Mqulwana, A Rossouw, M G Vantura, A E van Zyl, A J Williams (Voorsitter), A R Winde 

Alternatiewe Lede

Onderwys : L Brown

	Omgewingsake : E Isaacs, M Ozinsky, G R Strachan 

	Kultuur : L Brown, E Isaacs
			
	Sport : E Isaacs, P M Jacobs, Z C Stali
	
6.	NRVP: 

Lede

L Brown, J P Gelderblom (Chairperson), N M Isaacs, A Ismail, H A Lewis, M Louis, L Ramatlakane, D Silke, A E van Zyl, A J Williams, R Williams 

7.	Staande Komitee oor Openbare Rekeninge:

Lede

L Brown, C M Dugmore, T Essop, N M Isaacs, A Ismail, J P Gelderblom, H A Lewis (Voorsitter), M Louis, D Silke, A E van Zyl, A J Williams 

8.	Relskomitee:

Lede

L Brown, W P Doman (Voorsitter), C B Herandien, N M Isaacs, R J King, H A Lewis, M Louis, N C Phenduka, L Ramatlakane, A Rossouw, D Silke, R Williams, A R Winde 

9. Ad hoc-gekose Komitee oor Beweerde Doelbewuste Misleiding van die Huis

Lede

C B Herandien (Voorsitter), N M Isaacs, R J King, L Ramatlakane, D Silke, R Williams

10. Ad hoc-gekose Komitee oor Beweerde Doelbewuste Misleiding van die Huis en SKOF

Lede

C B Herandien (Voorsitter), N M Isaacs, R J King, L Ramatlakane, D Silke, R Williams 

TERTAFELLEGGINGS:

Die Speaker:

1.	Verslag van die Ouditeur-generaal oor die finansile state van Begrotingspos 12 - Onderwys van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1999 [PR 66/2000].

2.	Wetsontwerpe ontvang van die nasionale Parlement en ter tafel gel deur die Speaker ingevolge Rel 208:

(i) Select Committee Amendments to National Land Transport Transition Bill [B5A-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(ii) National Land Transport Transition Bill [B5B-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(iii) Portefeuljekomitee-amendemente op Wysigingswetsontwerp op Mededinging [W10C-2000].

(iv) Wysigingswetsontwerp op Mededinging [W10D-2000].

(v) Portefeuljekomitee-amendemente op Wetsontwerp op die Suid-Afrikaanse Kommunikasiereguleringsowerheid [W14A-2000].

(vi) Wetsontwerp op die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika [W14B-2000].

(vii) Portefeuljekomitee-amendemente op Wysigingswetsontwerp op die Nasionale Huis van Tradisionele Leiers [W15A-2000].

(viii) Wysigingswetsontwerp op die Nasionale Huis van Tradisionele Leiers [W15B-2000].

(ix) Boedelwysigingswetsontwerp [W24-2000].

(x) Wysigingswetsontwerp op die Nasionale Jeugkommissie [W25-2000].

(xi) Wetsontwerp op die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders [W26-2000].

(xii) Local Government: Municipal Systems Bill [B27-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(xiii) Portefeuljekomitee-amendemente op Wysigingswetsontwerp op Toerisme [W50A-99].

(xiv) Wysigingswetsontwerp op Toerisme [W50B-99].

KOMITEEVERSLAG:

1.	Verslag van die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling oor die Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op die Padvervoerwet [W7-2000], gedateer 11 Mei 2000, soos volg:

Nadat die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling oorweging geskenk het aan die onderwerp van die Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op die Wet op Padvervoer [W7-2000], wat na hom verwys is, het hy die eer om die Wetsontwerp met amendemente voor te l [W7B-2000].


1660	DINSDAG, 16 MEI 2000



	DINSDAG, 16 MEI 2000	1659
	


	DINSDAG, 16 MEI 2000	1611


